Oom Jakkie, ek hoor wat Oom sê, maar ek kan nou al sê dis nie lyn nie, want dit gebeur met verskeie make van lyn. Dis soos Enigma in n vroeer post gesê het, het hul toetse gedoen en videos gemaak van hoe vinnig die lyn van die spoel afkom(veral met power casts) en dan basies n bubble vorm soos dit deur die ogies gaan en dit veroorsaak dan dat die lyn om n ogie draai en dan sien mens net leader en strop trek om dit nooit weer te sien nie... Ons probleem met die kompiterende hengel is dat ons dun lyn hengel (0.18mm) met n sterk genoeg leader om n P4 of P5 of n M2 met n bol gewig te kan gooi verder as die res van die manne om jou sodat ons op dae soos twee naweke terug met ons ligas as daar 100+ hengelaars spook om net nie te blank nie, ons meer vis kan vang en sodoende die sone asook die liga te wen. As ek Sosiaal hengel haal ek selde my dun lyn spoele uit die boks uit, want dan hengel ek al te lekker met 14lbs lyn op 80-100m.Naruto - Dit is beslis nie katrolle of stokke nie! Hierdie hobbie van ons is soos motor koop - ons allies heuk altyd! Ons is almal al deur dieselfde storie van lyne wat breek - in 'n vorige kommentaar (Brakkenjan + Ek) het ons dieselfde probleem met lyn gehad / al die lyne van katrolle verwyder / siedaar - probleem opgelos! Die probleem is nie jou "leader" nie maar jou lyn. Vat die lyn wat jy het en meet 'n stuk op jou visskaal (breekkrag) - 90% van die tyd breek die lyn voor die voorgeskrewe breekkrag aangedui. Hou by wat vir jou gewerk het! Groete. Jakkie.

Sensation Rockets 12'. Vandag saam paar vriende gegooi uitstekend. P3 average 159m. P7 average 188m, paar 220 m. M 1.5 average met mielie bom 138m , paar 145m.
7bl xx swart
17bl, 20bl en 24bl Leaders.
Shimano 10000 DL.
Wind bietjie van regs voor en later van voor. (Handoek aan viskas waai so helfte van mielie bom emmer op)
Ek is 'n groot ou en die ander manne gemiddeld grootte. 2 x manne Gauteng klere.
Het al 'n paar keer met hulle gehengel sal nie ander stokke koop nie.
my 5 Zim$


snakes wrote:Sensation Rockets 12'. Vandag saam paar vriende gegooi uitstekend. P3 average 159m. P7 average 188m, paar 220 m. M 1.5 average met mielie bom 138m , paar 145m.
7bl xx swart
17bl, 20bl en 24bl Leaders.
Shimano 10000 DL.
Wind bietjie van regs voor en later van voor. (Handoek aan viskas waai so helfte van mielie bom emmer op)
Ek is 'n groot ou en die ander manne gemiddeld grootte. 2 x manne Gauteng klere.
Het al 'n paar keer met hulle gehengel sal nie ander stokke koop nie.
my 5 Zim$
Kyk daar Boeta. So met die RB's gaan ons M1's average 159m gooi. P3's average 188m en so paar 220m. Ek weet nie of ons die average van 138m met die M0's gaan kry nie. Dink ons average behoort so 145m te wees.
Ek terg net Snakes.![]()
Ek sal in my noppies wees as ek ooit sulke afstande kan haal met die RB's.
