Thanks to all the guys posting info regarding kite

Flip Beukes

Senior Member
I romoved my mono backing for replacement, only the dacron and kite line on the reel showing now. Ek gebruik n harnas wat aan die katrol heg. dit help in die sin dat ek my hande los het vir ander takies soos aas aansit en die bottel water en trace kan hanteer. (Onthou ek vang meestal alleen)
 

kitefisher

Sealiner
Flip, Jammer ek sien nou eers

Soos jy se,dis n serious reel daai,dit moet darem cranking power he soos min ander goed.Van n lekker strand af kan n ou nogal regkom as jy alleen is maar om op die konvensionele manier met n bottel en n groot aas alles te beheer is feitlik onmoontlik veral van rotse af .Ek het sulke swivel stands vir die strand waarin die stok met selfs n 14/0 kan le,en half draai as die wind effe rigting verander.Hy le so amper 45grade,en die stok word so om die stand ge-velcro.

Het ook nog my pa se leer harnas wat baie oud is,en n nuter een,ongelukkig word die goed nie meer gebruik soos dit hoort nie.

Dankie vir die pics
 

Flip Beukes

Senior Member
Geen probleem nie, ek sit op Sodwana, kom ook nie elke dag nou op nie. Ja daai katrol trek n koekhou!! Met my harnas aan kom ek baie goed reg alleen. Selfs op Port Edward van die rotse af doen ek my ding. Ek soek nou na een van daai taxi kite's, waarmee ek n tweede of derde lyn kan uitvat. het n video clip daarvan gesien, dit loop op jou kitelyn en sodra jy jou aas gedrop het kom die taxikite terug na die stok toe. Weet jy waarvan ek praat? Salenige hulp waardeer. Groetnis
 

kitefisher

Sealiner
Daar verskeie tipes,en sommige beter as ander.Ek het verstaan dat die een wat ''Mullers-kites'' bou baie goeie resultate lewer.Daar mag selfs n Tube-vid daarvan op hulle website wees,en daar is al n paar fotos hier op Sealine geplaas.Probeer jou Sealine search onder   ''Taxi'' of ''bait ferry"" seker jy sal iets kry.

Geniet jou tyd daar langs die blou.:wfish
 

Psy

Sealiner
Flip, KF is oppiekop.

Die Kite van Willie Muller, is baie maklik om te bestuur. Hy het ook twee verskillende Taxis, wat jou lyn kan uitvat diep water toe. Die taxis is van twee grootes gemmak, dit hand af van die sterkte van die wind. Willie se kite sal ook teen die wind vlieg ~mens moet hom net 'tune' met veradering van die pypies end toue. Ek het klaar myne opgestel in redelike harde 25knope wind. Hy trek nie so sterk nie. Daar is ook n paar maniere wat n mens kan hom gebruik. Ek recommend hom vir almal wat interesseerd is in kite hengel!

:) www.mullerskitefishing.com      

 079 889 1746 ~ Willie Muller



:)
 
Top