lets see your PB catches

Marthin

Sealiner
Kannie wag nie.

Lank voor die dae van kameras nog die die eerste erickson fone soos n baksteen gelyk het en jy net 2 oproepe kon maak was ek en my pa eendag so 3km suid van bloemhof by die rivier net voor dit sulk gras eilande maak.

Ons het n paar mooi heup lengte en bietjie groter gevang aan platties. Ons kon geen klein karpies aan die hoek kry vir aas nie. Ons aas was op. Toe kom iets so 20 meter van die kant af aangespartel rivier af. Dit was n swaeltjie wat in die water geval het. Ek was so 16 en het ingeswem en ta gaan haal. Ons tackle was 11ft blue marlin "shad" veselglas stokke en penn jigmasters met 16kg lyn op.

Die swaeltjie is lewendig gehaak en pa het hom so driekwart in die rivier in gegooi. Die stok op die penne gesit en ratchet aangesit en die katrol het begin skree. Die sinker het nooit eers bodem geraak nie. Die vis is dadelik stroom af. Na 20 minute het dit gaan vas le op die bodem. Stok is weer op die mikke gesit en na 5 minute het ta weer begin beweeg. Stadig maar seker stroom op. Na omtrent nog 20 minute het ons hom uitgehaal. Ek is 6ft 3 en n bietjie, en ek het die vis vasgehou met sy kop gelyk met my mond en sy stert het aan die grond geraak. Tot vandag toe wonder ons hoe groot die vis was.

Voor ons weg is by die huis het my broer nog gevra "moet ek die rod buckets saambring?" en ek en pa het gese die mense sal vir ons lag. Hy het die vis aangehad vir 5 minute toe gil hy.. WAAS DAAI F>>>K>>>>N ROD BUCKET!!!!!

Oom kite ek dink ons maak so. Ek het n plan daar vir bloemhof, weet nie van die ethics nie maar ek het n plan.
 
kitefisher

Sealiner
Marthin wrote:

Great storie,,ek lees jou plan .Lewendige Vinkie,lewendige Padda,selfde ''ethics'',dink dalk selfs paddas is meer bedreigd,lol
 
Fanie

Sealiner
Ek is 6ft 3 en n bietjie, en ek het die vis vasgehou met sy kop gelyk met my mond en sy stert het aan die grond geraak. Tot vandag toe wonder ons hoe groot die vis was.

Jy is 6ft 3 en n bietjie, en jy het die vis vasgehou met sy kop gelyk met jou mond en sy stert het aan die grond geraak. Dis hoe groot hy was :-D

Re die Mona Lisa - dis seker ook maar goed die een het 'n donker bril op. Tyd dat Ryan sy eie komentaar kom lewer ;-)

Persoonlik dink ek nie mens kan Bloemhof sinvol hengel sonder 'n boot nie. Ek het al gesien wat die ouens van die oewer af vang en dis maar skraps in vergelyking met wat jy in die rivier tussen die bome kan kry of hoer op in die dam.

Die babers gaan le ook soms in die groot plate vlakker water, waarskynlik agter die warm son gebakte water aan, en daar trek soms treine in. Ek hengel met my bootstok en 120lb dacron vir babers. Die 6 kilo jobbies tel jy sommer so op uit die water, 18 kilo jobbies maak soms so 2 tot 3 meter voor jy sy tjank af trap. Ek het een dag daar aan een van die treine vasgehak, op 30+ meter toe kom die hoek skielik los. Kon dit nie glo nie. Ek het agterna besef die baber het die loodkop net vasgebyt. en toe die ding nie wou saamkom nie net die bek oopgemaak.

Ek weet die 120lb dacron klink radikaal - en dit is - maar as jy die grotes aantree tussen die bome haal jy nie een uit op dun lyn nie. Dis darrem lekker as jou arms agterna so pyn van die stoei daar...

Die lekkerste vars water vis om te vang in SA is baber en tiervis.
 
Marthin

Sealiner
fanie soos ek se, met baber se kind speel jy nie. Daar is n plek in die vaal waar ons monsters aantree... maar dis tussen die pilare van die brug, ons staan op n laagwater bruggie...

3 visse aan, 3 visse af... jy kan niks lyn gee nie of hy's in elkgeval weg. Laaste keer was 50lbs braid afgebreek soos gare. My volgende trippie is dit snoeklyn en klaar.

Ek weet daar is in die dam self naby die plekke wat eilande maak as dit droog word groot menere...
 
Thanks Deisel! Can't get enough of catching our most magnificent fresh water species. Got this one on the orange, also weighed 18kg. I need to break the 20kg barrier this summer. I guess I gotta get to Bloemhof or the Orange again.
 
deisel

Sealiner
bru i rekon they in the vaal and i rekon i know where, we will talk closer to september and make a plan to go get some
 
Calvin Fourie

New member
Ignobilis Lunker wrote:
Thanks Deisel! Can't get enough of catching our most magnificent fresh water species. Got this one on the orange, also weighed 18kg. I need to break the 20kg barrier this summer. I guess I gotta get to Bloemhof or the Orange again.
Yo brian my dad and I are planning another trip to bloemhof soonish you wanna come with?
 
kitefisher

Sealiner
Yo Ignobilis and Exavier,great specimens there.Strange that the only freshwater fish that can actually jerk you off a boat,or tow you around on the water,and really give you a stretch from the bank,is sometimes sneered upon.

Long live the Catfish,:wfishSA's most underrated freshwater predator.
 
Exavier

Senior Member
kitefisher wrote:
Yo Ignobilis and Exavier,great specimens there.Strange that the only freshwater fish that can actually jerk you off a boat,or tow you around on the water,and really give you a stretch from the bank,is sometimes sneered upon.

Long live the Catfish,:wfishSA's most underrated freshwater predator.
So true, they do give a decent account of them selves.
 
Attachments

  • aaa.jpg
    aaa.jpg
    13.4 KB · Views: 500
Jusie, eks nou keen om my stok te laat buig!
Deisel, always keen for a Vaal mission.
Calvin, I'm keen bru, let me know details when you make a plan. We went to Bloemhof last year September, it was alright, not as good as it can be, maybe end of September when its warmed up nicely!
Thanks Kitefisher! Long dominate The Snorbek!
 
Top