Hierdie naweek het ek my hengelkas reggepak, al my

Waldok

Senior Member
Watse mielies het jy daar agter in jou kas? Ek tel 7 spraydips en 9 boldips. Die botteltjies links, is dit hoekdips?
 

PI

Senior Member
As ek nou alles gekoop het behoort my kas so te lyk...
 

Attachments

  • PI Setup..doc
    1.8 MB · Views: 59

Brakkanjan

Senior Member
PI, hengel jy net met Springs? Ek het in die verlede gevind dat as ek met springs hengel hulle makliker haak maar ek het nou weer so paar aangeskaf vir ingeval.

Laas het ek met die springs gesien jy kan hom baie hard cast sonder om te worry dat jy die bol gaan afgooi.
 

PI

Senior Member
Brakkanjan: Ek hengel net met springs. Ek is nie die beste cast nie so elke bietjie help....
As ek by n plek hengel waar ek haak gebruik ek dood eenvoudig net daai oranje holders. Ek het net twee van hulle want ek het die ander dag gesien jy kry hulle nou in swart, en toe change ek hulle almal. As jy met n weight wil hengel kan jy n plein spring (die sonder die weigt) net bo jou weight sit en dan die bom om altwee sit.
 

Oom G

New member
Weet jy Brakkanjan.... Ons het net met springs gehengel en dit is makliker om met die goed te gooi, maar as jy eers die M weights gewoond raak en jou slag reg het, dan sukkel jy maar om weer die springs gewoond te raak....

Kyk bietjie na die vids wat Naruto gepost het.....ek het dit afgelaai en dit noukeurig gekyk en my resultate is stunning.....as jy eers daai slag het..!...Boetie kom kyk!!LoL!

Net n' vraag.... Watter springs is die beste...die plastic of die gewone draad springs...?
 

Naruto

Sealiner
Ek sal sê die plastiek springs(sputniks) is beter wat hul help dat jou strop vinnig lig uit obstruksies uit so jy sal minder vassit.

Vir gooi sal die spring beter werk want daai bom sit lekker vas in hom.

Maar soos jy, as mens eers n M lekker kan gooi is dit maar die beste. Daar is nie n groot geel/groen of draderige ding wat die vis kan afskrik nie, net n klein weight.
 

Oom G

New member
Naruto, Ons hengel meestal in of naby die stroom ( oranjerivier...)..dink jy nie dis dan beter om met die die spring te hengel nie want, en dis maar iets wat ek opgetel het deur die tyd...., dis asof die spring sy voer langer aan hou as die gewiggie.....

Jy kan maar kyk as jy n swak gooi gehad het en jy moet uit trek.....die gewig kom skoon uit, maar die spring sal somtyds nog voer aan he.... okay jy sit maar nuwe voer op maar nogsteeds.... jy sal tog n' beter resultaat kry...of hoe?
 

PI

Senior Member
Ek dink springs vir die vaaldam sal ok wees, maar as jy na damme toe gaan waar die visse skrikkerig is soos Klipdrift sal ek n weight voorstel.
Met my springs het ek nog geen afname in vangste experience nie.
Hierdie sal weereens die hengelaar se voorkeer wees. Die meeste mense hengel met weights.
Dis net n confidence ding met my.
 

Oom G

New member
En dis goedkoper ook om met gewigte te hengel...... Hier by ons kos 2 springs N$26 waar 10 weights N$15 kos.....so dit maak meer sin om dit te gebruik......Ek weet nie wat julle betaal vir die goed nie....
 

Duanejc

Senior Member
Did you order this one from Dewalt van der Walt? In my opinion the best layout you can get for your box. I also had mine made by him! Awesome boxes these, all I can say!
 

Oom G

New member
Ek wil vir my die sensation hengelkas koop...die 2 laai een....Wat dink julle...is dit die moeite werd of moet ek na n' ander produk kyk....?
 

Oom G

New member
Okay....want ek is nou al 2 keer gewaarsku teen die kas want as ek reg aflei is die onderste laai meer n' nusense as iets anders want hy het nie veel spasie nie en is glo te plat om dips in te sit en ek weet nie wat als nie.....

P.I...Kan jy jou broer vra om vir my n' foto te post sodat ek kan sien hoe hy sy kas georganiseer het dat ek dan n' besluit kan maak of ek die ding moet koop of nie...?

Jy sien...in Nam is nie regtig mense wat die hout kaste maak nie en as jy een kry wat dit doen dan is die prys letterlik dubbeld as die van n' sensation kas....

Dit kan net die saak verbeter...LoL!!!
 

JakkieLouw

New member
Die persone hier by ons maak hul eie springs: gebruik draad wat hul om die Fisher plug - plastiek (gebruik om iets teen mure ens. vas te sit) draai / as die skroef uit die plasties verwyder is kan lyn vrylik gly. Groete. JakkieLouw.
 
Top