Ek stel voor jul vra vir Brakkanjan dat hy die nuwe tipe spring afneem en opsit. Die nuwe spring het 'n gewiggie binne met 3 plat kante (2 verskillende grotes). Beweer dit lig en hak nie as jy inrol. JakkieLouw
Hoekom maak jy nie jou eie springs nie? Dis heel eenvoudig. Die pypie is van 'n earbud en die spring is 'n brass draadjie of galvanized draadjie wat jy styf om 'n pyp draai (vorm).
Boor 'n gaatjie deur 'n ronde gewig en druk oor die earbud se pypie as jy meer gewig soek.
Buig die punte van die draad wat jy gedraai het in en knyp styf vas teen die earbud se pypie.
Ek sukkel om mooi fotos te kry, glo die een sal werk. Lyk net soos die gewone vliegtuig maar het 'n derde vin bo-op. Ek het egter self nog nie met hulle gehengel nie.
Ek het ook van daai tipe springs gekry....myne se vlerke is net weier maar die goed lyk my werk beter as daai normale springs.....veral as jy met bietjie meer spoed in katrol.....hy lig tog soos daai see sinkers as hy uitkom....