Hierdie naweek het ek my hengelkas reggepak, al my

LeonK

Member
Koos hoeveel het jy nodig dan bring ek vir jou deur as ek daai kant toe gaan? (dit sal binnekort wees)

groen 100ml bottels?
klein 50ml bottels?

se net en ek bring vir jou...cheap cheap
 
Brakkanjan

Senior Member
Leon jou juweel, ek dink wat ek sal doen is om jou te bel dan kan ons gesels. Ek wil ook net kyk na die finansies ek ry die 24e Julie see toe vir 2 weke en ek weet nie wat hou die staatsdiens se dinge weer in vir die toekoms nie (Stakings?) so ek probeer elke sent nou omdraai.

Ek sal verseker met jou praat, ek het nog jou 2 bottels 3CP ook hier ;)
 
Waldok wrote:
 Dan deel ek nog dips met my gewese penmaat JPS.
 
Gewese!?!?!?!

Donner, ek is nog nie eers weg nie dan is ek 'gewese'. Wat gaan mense dink as oupa vir ouma oorlede begin noem?

Lyk my ek sal op my eie moet gaan sit by die volgende klub komp. En jy kan gaan K.. as ek die beter pen trek!!
 
Naruto

Sealiner
JustPlainSHARK wrote:

Waar is jul volgende klubkomp?
 
Tweezer

New member
More se. Ja Waldok ek en jy is in die k-k by leon en Riaan. Maar gelukkig is jy alleen in die k-k by jou Gewese Penmaat. Hoo boy:dapp::X
 
Waldok

Senior Member
Maar die manne is sensitief !! LOL !! Ek het darem genoem daar is nog een trippie oor.

Kees vd walt is ons volgende klub komp.
 
Naruto

Sealiner
Jul behoort mooi vis te kry daar. Onthou die Boogeyman!

JPS, gaan jy nog darem varswater hengel daar anderkant?
 
Naruto wrote:
Jul behoort mooi vis te kry daar. Onthou die Boogeyman!

JPS, gaan jy nog darem varswater hengel daar anderkant?

My maat, ek het al klaar uitgevind hoeveel klubs daar is, waar hulle is, hoe hul ligas werk en wie die voorsitter is van Eden hengelklub en wat sy selnommer is. Verder nog so bietjie uitgevind oor die damme in die omgewing en watse vis in elkeen voorkom. So ek is reg vir die ding daardie kant.

Kan eintlik nie wag nie. Ek is stout oor nuwe plekke om te gaan hengel. Vat so bietjie dink werk en n mens uit die comfort zone uit. Splinter nuwe bladsy.....eintlik n hele ander boek!!::S
 
Het jy al kontak gemaak met Simen? Dink hy doen ook die varswater ding daar, maar is nie seker nie. Hy behoort jou ook te kan help.

Jy maak my eintlik jaloers as jy so praat van nuwe dinge ens. Sterkte daar. Hoop om eendag weer saam jou te kan hengel (hopelik nader aan mekaar as n liga). Gaan jul ons nie join by die social nie?
 
Simen

Sealiner
:SSS Baie mooi en goed geordende kaste manne. :SSS

Gun my 'n voorstel as 'n "soutie" hier.

Baie lank gelede het ek ook so bietjie varswater gehengel.

My stroppe het ek afsonderlik in klein botteljies in my kas gepak, ek het lee film (rol tipe kamera film)  houertjies gebruik.

Dit laat jou kas nog meer georden lyk en jy kan ook bo op hulle nrs of tipe strop aanbring, dan lees dit net so maklik soos jou dips.

Indien ek dan 'n strop sou verloor of aan die lyn het sit ek net die bottel onderste bo terug in my kas dan weet ek by die huis wat om weer vol te maak of waar ek 'n gebruikte een weer moet bere.

:wfishSoutwater groete.  :wfish
 
Fishman Pat

New member
Ek het 20 boldips, 10 sprays en 10 bottels in my kas (ou tipe veselglas kas). Dan hou ek 4 kleure floats (geel, rooi, oranje en wit) aan asook twee klein bottels mielies. Dis wat in die kas pas. Al die ander goed (ekstras / nuwe dips / floats) is in a groot plastiek houer wat in die sleepwa / kar se boot bly en nie by die water rond gedra word nie. In die onderste gedeelte van die kas het ek spaar strope, sinkers, poliesmanne en katrol spoele.

Onthou altyd, hoe meer moontlikhede in die oog is (wat jy voor jou kan sien) hoe meer kombinasies is daar om jou dag deurmekaar te maak. Doen jouself die guns en kyk oor 'n tydperk watter dips jy gebruik by die verskillende damme, hetsy op advies of uit jou eie keuse en jy sal sien dat jy moontlik nie meer as 10 sal gebruik in die algemeen nie. Ek dink partykeer vang die dips meer hengelaars as vis.....::S
 
Top