Fanie wrote:
Die manne was fluks besig om strafdoppe vir die afgelope dag se geknoeiery uit te deel wyl ek innie kombuisarea my lyf Sushi Chef hou en die ou leervissie in Sushi omskep het. Ek moes in die proses self 'n hele paar shot glasies van daai soetes en Jagermeisters wegslaan wyl ek daar doenig was. Nooit vir my gese waarvoor die strafdoppe was nie, maar soos 'n goeie burger betaam het ek nie vrae gevra of teegestribbel nie.... net gevat en weggesluk en verder gewerskaf.
Ek meen die vele strafdoppe wat almal al onder die belt gehad het teen die tyd dat ek met groot fanfare met die bord leervis sushi tevore gekom het, kon moontlik iets met die manne se roekelose bereidwilligheid om iets nuuts te probeer te doen gehad het. Nietemin, toe ek daai tros chop sticks uitruk en vra wie stel belang, toe gryp almal. Ek het eers 'n kort "lesingtjie" oor die gebruik van die stokkies asook die gevare van te veel washabi op 'n slag gelewer, waarna die manne soos een man en al "klikkende" met hulle stokkies die bord rou vis aangeval. Daar was geen survivors op die bord oor nie. Ek het self slegs een stukkie kon kry om darem te proe waaroor die boehaai gegaan het. LOL
Hoewel ek mooi verduidelik het oor die effek wat te veel Washabi op 'n man se sinusse kan he, het ek tog paar manne opgemerk wat met hees stem en betraande oe luidkeels die virtues van rou vis besing het....!! Ek moet erken ek was nogal spyt dat ons nie 'n groter Leervis gebruik het nie. Ons was egter bang dit mors as niemand dit wou eet nie. Next time weet ons van beter.
Wat betref die wyne.... die botteljie rooi het sommer vroeg gedurende die ekspedisie gesneuwel. Daar kan egter met 'n goeie hart positief oor die kwaliteit verslaggedoen word. Wat die soetes betref, kan ek rapporteer dat dit uiters effektief as strafdoppe aangewend is. Probleem is egter dat dit vanuit die manne se gesigsuitdrukkings nie gebleik het werklik as "straf" ervaar is nie!! Daarvoor was hulle heeltemal te genee om hulle strafdoppies met baldadige ywer weg te sluk.!! ha ha Ons het selfs een bottel as ruilmiddel aangewend tydens 'n uiters sensitiewe en moeilike onderhandelings met die plaaslike bevolking vir paar groot sakke houtskool. Die bottel soetes was die keerpunt in die onderhandelinge en albei partye is uiteen met die gevoel dat hulle uitstekende waarde vir geld ontvang het. Ek heg sommer 'n foto aan van die ou Matriarg wie die bottel gegryp het na die transaksie. O ja, en dan het ek en Marina by geleentheid een van daai botteltjies aangevat en sulke halwe bekers op 'n slag gedrink. Ek weet nie van haar nie maar ek het agterna baie goed geslaap!!
Terloops, wat maak mens om een van daai liggies met chargers, ens te bekom? PM my asb.
@Fanie, die boggers konnie eers kla hulle was honger nie. 'n Groot sopper was vir hulle voorberei en die ou sashimitjie was bloot bedoel om as 'n "Ou durvie" te dien, (om die Frans so foneties aan te haal). Ons hou toe maar net een jong Leerie vir doeleindes van die Sushi vir die klaarblyklike slegs enkeles wat dit sou nuttig.lol... O ek sien, dis die pote wat die ding doen. Vinne, voete, pote, wat's die verskil ?Onthou, Shads het nie pote nie
Oom Kaspaas, ek het lankal geleer jy moet vir al die ander ouens ook dink aangesien die meeste nie weet wat hulle en wat hulle nie. Ek drink bv net coke, dan wil die ouens groen en rooi jannie verjaar koeldrank saam piekel.
Die reel se twee liter coke per dag per persoon plus wat jy in die aand drink. Jy brand as jy die reel oortree an niemand drink jannie verjaar koeldrank nie. Die ouens wat se hulle drink water (hulle wou spaar) lieg en die wat nie vis of rou vis eet nie lieg ook. Ja, deur hulle tande.
As die ouens honger is eet hulle enige iets, sal tot die gebrande pap pot skoon uitlek, jy kan hom net so op die rak bere maar nie een sal sy jannie verjaar koeldrank en brandy drink nie. Nee, hulle steel jou coke.
Hoe het die wyn gehou ? Ek sien net halwe glase maar geen bottel het verskyn nie behalwe een van 'n vraat wat so uit die bottel gedrink het. Kon seker nie langer uithou nie :-D My ma se mos sy raak so lus vir wyn sy kan huil nou moet jy weet as jy dors EN emosioneel is daaroor... hoe gaan dit gaan as die bottel leeg word.
Ek moet se Oom Kaspaas, jy lyk nogal soos 'n veteraan met daai spot lights op :-D
Hoe het die liggies uitgehou ? Ek weet nie eers of iemand hulle gebruik het nie ?