Hallo to all, Spyker and myself arrived home at 0

kaspaas

Sealiner
Fanie wrote:
Onthou, Shads het nie pote nie
lol... O ek sien, dis die pote wat die ding doen. Vinne, voete, pote, wat's die verskil ?

Oom Kaspaas, ek het lankal geleer jy moet vir al die ander ouens ook dink aangesien die meeste nie weet wat hulle en wat hulle nie. Ek drink bv net coke, dan wil die ouens groen en rooi jannie verjaar koeldrank saam piekel.

Die reel se twee liter coke per dag per persoon plus wat jy in die aand drink. Jy brand as jy die reel oortree an niemand drink jannie verjaar koeldrank nie. Die ouens wat se hulle drink water (hulle wou spaar) lieg en die wat nie vis of rou vis eet nie lieg ook. Ja, deur hulle tande.

As die ouens honger is eet hulle enige iets, sal tot die gebrande pap pot skoon uitlek, jy kan hom net so op die rak bere maar nie een sal sy jannie verjaar koeldrank en brandy drink nie. Nee, hulle steel jou coke.

Hoe het die wyn gehou ? Ek sien net halwe glase maar geen bottel het verskyn nie behalwe een van 'n vraat wat so uit die bottel gedrink het. Kon seker nie langer uithou nie :-D My ma se mos sy raak so lus vir wyn sy kan huil nou moet jy weet as jy dors EN emosioneel is daaroor... hoe gaan dit gaan as die bottel leeg word.

Ek moet se Oom Kaspaas, jy lyk nogal soos 'n veteraan met daai spot lights op :-D

Hoe het die liggies uitgehou ? Ek weet nie eers of iemand hulle gebruik het nie ?
@Fanie, die boggers konnie eers kla hulle was honger nie. 'n Groot sopper was vir hulle voorberei en die ou sashimitjie was bloot bedoel om as 'n "Ou durvie" te dien, (om die Frans so foneties aan te haal). Ons hou toe maar net een jong Leerie vir doeleindes van die Sushi vir die klaarblyklike slegs enkeles wat dit sou nuttig. 

Die manne was fluks besig om strafdoppe vir die afgelope dag se geknoeiery uit te deel wyl ek innie kombuisarea my lyf Sushi Chef hou en die ou leervissie in Sushi omskep het.  Ek moes in die proses self 'n hele paar shot glasies van daai soetes en Jagermeisters wegslaan wyl ek daar doenig was. Nooit vir my gese waarvoor die strafdoppe was nie, maar soos 'n goeie burger betaam het ek nie vrae gevra of teegestribbel nie.... net gevat en weggesluk en verder gewerskaf.

Ek meen die vele strafdoppe wat almal al onder die belt gehad het teen die tyd dat ek met groot fanfare met die bord leervis sushi tevore gekom het, kon moontlik iets met die manne se roekelose bereidwilligheid om iets nuuts te probeer te doen gehad het. Nietemin, toe ek daai tros chop sticks uitruk en vra wie stel belang, toe gryp almal. Ek het eers 'n kort "lesingtjie" oor die gebruik van die stokkies asook die gevare van te veel washabi op 'n slag gelewer, waarna die manne soos een man en al "klikkende" met hulle stokkies die bord rou vis aangeval. Daar was geen survivors op die bord oor nie. Ek het self slegs een stukkie kon kry om darem te proe waaroor die boehaai gegaan het. LOL

Hoewel ek mooi verduidelik het oor die effek wat te veel Washabi op 'n man se sinusse kan he, het ek tog paar manne opgemerk wat met hees stem en betraande oe luidkeels die virtues van rou vis besing het....!! Ek moet erken ek was nogal spyt dat ons nie 'n groter Leervis gebruik het nie. Ons was egter bang dit mors as niemand dit wou eet nie. Next time weet ons van beter.

Wat betref die wyne.... die botteljie rooi het sommer vroeg gedurende die ekspedisie gesneuwel. Daar kan egter met 'n goeie hart positief oor die kwaliteit verslaggedoen word. Wat die soetes betref, kan ek rapporteer dat dit uiters effektief as strafdoppe aangewend is. Probleem is egter dat dit vanuit die manne se gesigsuitdrukkings nie gebleik het werklik as "straf" ervaar is nie!! Daarvoor was hulle heeltemal te genee om hulle strafdoppies met baldadige ywer weg te sluk.!! ha ha Ons het selfs een bottel as ruilmiddel aangewend tydens 'n uiters sensitiewe en moeilike onderhandelings met die plaaslike bevolking vir paar groot sakke houtskool. Die bottel soetes was die keerpunt in die onderhandelinge en albei partye is uiteen met die gevoel dat hulle uitstekende waarde vir geld ontvang het. Ek heg sommer 'n foto aan van die ou Matriarg wie die bottel gegryp het na die transaksie. O ja, en dan het ek en Marina by geleentheid een van daai botteltjies aangevat en sulke halwe bekers op 'n slag gedrink. Ek weet nie van haar nie maar ek het agterna baie goed geslaap!!

Terloops, wat maak mens om een van daai liggies met chargers, ens te bekom? PM my asb.
 

Attachments

  • Matriarch.JPG
    Matriarch.JPG
    65.2 KB · Views: 570

kaspaas

Sealiner
Daar was selfs in die sand syfers geskryf en met hande en arms beduie tydens die onderhandeling vir die houtskool. Die botteltjie soetes het egter uiteindelik die knoop deurgehaak.
 

Attachments

  • Negotiating.JPG
    Negotiating.JPG
    57.1 KB · Views: 573

hatto

New member
Lyk of dit weereens n ekspedisie uit die boonste gestoeltes was. Geluk aan al die manne en dames wat PB gefish het. Eks steed spyt dat ons dit nie gemaak het nie! Wou by Carlos kersopsteek met dalk n leeri of cobbie op n vlieghengelstok. Maar nou ja ons is reg om Woensdag oggend vroeg pad te vat eers Gobabis, Ruacana en dan is ons in die bos. Gaan by die Cunenne n draai maak en dan vandaar strand langs Tombua toe, n paar dae op Flamingo en dan vir drie dae verder noord. Sal die Leba pas van Namibe sekant aanvat en by Ruacana uit. Volgende jaar se trip in ons verseker saam.
 

Pargo Man

Sealiner
::S

 

... if not for the 1.000km x 2...

Seems you fellows are the real Beduins of the Southern Continent... I just cannot get myself out of Luanda it seems...

My very best regards and thanks for your images.

Cordially,

PARGO Jan
 

Fanie

Sealiner
Ja nee oom Kaspaas, ek kan my voorstel hoe die ouens visstokke breek, van stoele afval en met bakkies in die sand vassit - enige iets net om strafdoppe te kan kry. Die afrikaans daarvoor is 'met voorbedagte rade'. Maar nou ja dis dalk ook maar goed so anders het julle teruggekom en gese jammer, maar daar het niks gebeur nie :-D

Dis dalk 'm nuttige wenk vir toekomstige groepe om al die ou stokke wat in elk geval weg gegooi gaan word, saam te vat om te breek vir 'n strafdop. Ten minste kry jy nog iets terug.

He he... lyk my Marina en die Matriarg Mosadi (al die 'M'e) wat so in die soet wyn ingele het. Ek is maar bietjie sku vir daai soetes, hulle bly jou dors maak en gee eerste klas hoofpyne (amper se ek kopseer).

Ai tog die inboorlinge van Afrika. Toe die tale van Babel uitgedeel is dink ek al die scraps is hier laat val. Ek is soms verbaas hulle verstaan mekaar. Toe julle Angola toe ry het ek net terug gekom van Moz, dis maar dieselfde daar en lyk my dieselfde oral in Afrika. Ek moet se die mense daar is baie beter gesind as hier, o ja, en hulle steel nie, maar dis 'n hele ander storie daai.

Omtrent die ligte - ek het vir Simen 'n pm gestuur, sodra ek agter die kap van die byl kom van waffer is waffer sal ek van my laat hoor. Terwyl julle ouens ledig langs die see gele en wyn suip het ;-) het ek so bietjie gewoeker met die ligte en daar sal waarskynlik twee of drie modelle beskikbaar wees, die lig wat die groter modelle maak is nogal indrukwekkend, al moet ek dit nou self se.
 

kaspaas

Sealiner
hatto wrote:
Lyk of dit weereens n ekspedisie uit die boonste gestoeltes was. Geluk aan al die manne en dames wat PB gefish het. Eks steed spyt dat ons dit nie gemaak het nie! Wou by Carlos kersopsteek met dalk n leeri of cobbie op n vlieghengelstok. Maar nou ja ons is reg om Woensdag oggend vroeg pad te vat eers Gobabis, Ruacana en dan is ons in die bos. Gaan by die Cunenne n draai maak en dan vandaar strand langs Tombua toe, n paar dae op Flamingo en dan vir drie dae verder noord. Sal die Leba pas van Namibe sekant aanvat en by Ruacana uit. Volgende jaar se trip in ons verseker saam.
@hatto, ons was terdee jammer julle kon nie meedoen nie. Hoop egter volgende keer. Ons sweep mekaar al hoeka op daarvaar.. ha ha
 

Mev. Spyker

Senior Member
Hi almal hier is die finale punte. Ek wil net vir julle se dat die punte is net in die kompetisie tyd, maar in totaal het ons net so oor 'n ton vis gevang. Daar is ook baie kolsterte en klein kabeljoue wat nie geboek was nie. En Carlos was nie daar met die prys uitdelig so hy het toe sy plek afgestaan.
Ek wil ook net noem dat van die manne nie heel aktief kon wees nie.

Lewellen, Maureen was op die kosmaak en gekyk dat almal genoeg geeet het en sterk is vir die dag se hengel.

Mev. Spyker het heeldag rond gehol en fotos neem en video vat

Mnr. Spyker het sy hulp aangebied om die manne tou wys te maak met die dropshot ens.
 

Team Garric - Captain Simen het gewen met 451.34 punte

Team Shad - Captain Spyker tweede plek met 411,93 punte

 

Mans:

1.  Viner (Francois) - 24Vis - 126.3kg (Overall Winner) !!!!!!!!!!!!!

2.  Leon Krauze - 23vis - 112.4kg

3.  Hannes 101 - 14vis - 82.35kg

 

Dames:

1.  Mev. Spyker - 14 vis -30kg

2.  Sarah de Jager - 10vis - 13kg

3.  Maureen - 4 vis - 4.6kg

Mans meeste vis: Leon Krauze - 23 en twee palings

Grootste eetbare vis: Kaspaas met sy 16.7kg kabeljou

Grootste oneetbaar: Leon Krauze - Bronzy 28kg

Grootste Rough Tail Ray 100kg: Hannes 101 (buite kompetisie tyd)

MANS:

Kabeljou - 16.7kg - kaspaas

Shad - 6kg - Hannes 101

Garic - 20kg - Carlos

Kolstert - 1.2kg - Kaspaas

Sandy - 18kg - M. Boytjie

Bronzy - 28kg - Leon

Rough Tail Ray - 100kg - Hannes 101

Casenga: 800g - Killer Strepie

Paling: Leon Krauze

Duck Bull -15kg - Lewellen

Rubberlip - 800gr - Viner

Spier - 9kg - Viner

Yellow Belly Rock Cod - 1kg - Viner

Spotted gully - 3.4kg Mev. Spyker

Blue Ray - 3kg - Viner

 

DAMES:

Garric - 9kg - Mev. Spyker

Kabeljou - 5,5kg - Mev. Spyker

Shad - 3.4kg - Sarah

Casenga - Sarah

Spotty - 3.4kg - Mev. Spyker

Meeste vis: 14 - Mev. Spyker

Grootste eetbaar: 9kg Garric - Mev. Spyker

Grootste oneetbaar - spotty 3.4kg - Mev. Spyker

 

MEESTE SPESIES: VINER !!!!!

1. Kabeljou

2.  Shad

3. Kolstert

4. Rubberlib

5. Yellow belly rock cod

6. Bronzy

7.  Blue Ray

8. Spier

9. Duck Bull

10.  Garric

DAMES: MEV. SPYKER

1.  Kabeljou

2.  Kolstert

3. Shad

4. Garric

5. Yellow belly rock cod

6. Spotted gully shark

 

VOLLEDIGE LYS:

1.  Carlos Moran - 127,6 punte, 19 vis

2.  Viner (Francois) - 126,3 - 24

3.  Leon Krauze - 112,40 - 23

4.  Hannes 101 - 82,35 - 14

5.  Krisis (Casper) - 63,2 - 19

6.  Simen - 48 - 11

7.  Killer Strepie - 40.01 - 22

7.  Kaspaas (Dirk) - 40.01 - 16

8.  Spyker - 33.76 - 10

9.  M. Boytjie (Deon) - 33 - 17

10.  Mev. Spyker - 30 - 14

11.  Wicus Otji -28,6 - 10

12.  Francois Nam - 22,5 - 10

13.  Lewellen - 23.15 - 13

14.  Aubrey - 19.6 - 5

15.  Megalodon (Zander) - 14,5 - 5

16.  Sarah (Michele) - 13,6 - 10

17.  Maureen - 4,6 - 4
 

Fanie

Sealiner
Hi Antie Spyker, ek kan sien daai vis slaap... aan die slaap gesus :hyst:

Dis 'n mooi een hoor ! Al die op en aanmerkings in net uit jaloersgeit.
 
Top