Fanie wrote:
Sorry manne, ek het nou eers die post gesien. Dankie Fanie. Ek sal maar so padlangs kyk vir die batterytjie. Sit steeds en wag vir Francois om my te kom laai. Verwag hom so voor 10:00. Eish, as ons veel later wegkom gaan die pad more maar baie lank wees. My voorstel is dat ons vandag deurdruk tot by Keetmanshoop, om die pad na Ruacana korter te maak. Ag wat, die vakansie begin hier en nie eers as ons daar arriveer nie. Namibie is 'n mooi land en al is die pad maar lank en blerrie reguit, is dit nog steeds lekker!
Sien julle ander mense Sondag, DV

Oom Kaspaas, jammer maar dis nou uit my hande. Jy moet van nou af met Mbotyi_boytjie praat. Hy het reeds hier bo gepos. Ek het minder as 'n halwe slapie oor !
Die batterytjies is dieselfde as die wat hulle gebruik vir huis alarms. Dis 'n 7Ah SLA battery
Die liggies behoort genoeg lig te maak om die vol kan wyn te kry en te sien watter komkommer toebroodjie het die grootste stuk komkommer op. (Dis 'n nuwe een ! Komkommer by die see)
Die liggies maak ook lekker lig as mens hom op 'n paal sit en bietjie hoer sit sodat die lig bietjie wyer skyn.
Moenie in die liggie in staar nie. Die LED's word deur 'n klein computertjie aangedryf en die LED's word deur 'n geheime kode geskakel, omdat dit egter so vinnig gedoen word kan jy dit nie met die oog sien nie. Die boodskap wat onbewustelik deur die brein ontvang word se 'Gee my al jou geld en gee jou kar vir my behalwe as dit 'n Land Rover is'.
As jy nie in die liggie in staar nie dan filter die omgewing die boodskap uit. Dit skyn net baie skerp.