Add your name to the list if you want to join us.

Bakkies

New member
eerste wil ek se dat dit fflliippeen koud was in die aand! ons het hout vergeet en het lekker af getjop die eerste aand van die koue!

 

My vriend wat ek saam gevat het het 5 visse uitgehaal en 2 keer sy PB verbeter!

eerste was 3kg en 2de was 3.5kg. Hy was Baie in sy skik gewees!

Ek het net 3 visse uitgetrek waarvan een darm 4kg was.

Totale visse vir die naweek was 8 gewees en so 3 verloor.

Maar dit was baie lekker gewees!

Sal more die fotos opsit!

Het ook n paar van die manne ontmoet ek wag vir daai boemhof trippie carp1!

 
 

BCEC

New member
More,

Saterdagoggend so by 06:45 aangekom. Sal nou foto post van die gesig wat ons verwelkom het.

Lekker rustig afgepak tent opgeslaan en so by 10:30 stokke ingehad. Baie stil gewees vir meeste van die dag. 1 lekker run gekry, vasgekap maar naby kant verloor. My dogter vang laat middag 2 klein geletjies.

Wind het so laat middag gaan le en wonderlike lekker koue wintersaand beleef. So 21:00 (na die rugby) in die bed gaan klim. Die warm kombers op die inverter die job gedoen en tent was lekker warm So by 00:30 opgewees. Een stok het byt gehad met strop net onder die 1ste swivel af (nie seker hoe dit gebeur het nie).

So by 06:30 op. Weereens great windtsilte oggend. Net na 09:00 lekker run en vang 1ste en enigste karp. Foto volg.

Thanks vir die lekker chat met paar van die manne. Uit en uit heerlike 2 dae.

NS - plek lyk klaar tonne beter met nuwe bestuurder. Toilete, krane, deure ens mooi reg gemaak en geriewe baie skoon. Selfs 'n paar gordyntjies. Sal beslis weer gaan maar ver links is maar spot vir my.

Cheers - fotos volg
 

BCEC

New member
Eish, daai 3mm se ys op die stokke was die ergste. Hier by 08:00 nog steeds solid gevries. Maar dit was baie lekker. Ons gelukkig dat ons nie die wind gevang het nie. Bruggie hulle het Vrydag baie erge wind gevang wat blykbaar nie te aangenaam was nie.

Cheers
 

Naruto

Sealiner
Dit lyk koud! Ek kry skoon hoendervleis as ek net na die fotos kyk...

Wie weet wat die ander manne gevang het?
 

TimJan

Sealiner
Die visvang was maar stadig gewees. Ek het 2 karpies en 2 geel vissies gevang en n paar verloor. My een vriend het n karpie gevang vrydag aand en my ander vriend het saterdag n 8kg karp gevang op n stok wat seker 5-6 uure gele het. Anders dit was n baie lekker naweek net n bietjie koud deur die dag en baie koud deur die aand. Ek sal kyk of ek n foto kan kry van sy karp
 
Top