Net n vinnige een want BCEC wil graag weet.
Obviously is Groen goed, Geel Okay en Rooi bietjie van n NoNo.
Ons het Heel links gaan sit, en dit het so iets gelyk.
Nommer 1 en 2 was be verre die beste gewees, maar die area rondom om twee het konstant resultate gelewer.
Ek is nie baie goed met afstand skat nie, maar by 1 en 2 kan jy so 60-80m hengel, die rooi streep naby 1 is n draad en jy haak vas daar.
3 was bietjie van n dooie area vir ons, seker omdat ons nie ver genoeg kan cast nie.
As jy van 3 af tot by 5 hengel vat n Gly Rietvlei sonder die boonste hoek, daar is vashaak plek, ons het seker 8 Lyne in totaal uitgetrek en verwyder. Hengel maar ook so 5-10meter van die anderkantste oewer af.
Ons het in totaal tussen 5 ouens vir die naweek maklik 50 vis gevang, as ons tempo gehengel het sou dit maklik 200 vis gewees het.
Karp(12), Volskub Karp(3), Spieel Karp(2), Gras Karp(12), Moddervis(5), Geelvis(20) en Baber(5) was alles beskikbaar.
Iets buitengewoon van hierdie deel van Aqua Via as jy dit vergelyk met die res van die Vaal is die Graskarp is nie een onder se 4kg nie.
Die visse byt skelm, baie skelm, en jy kry n run amper net as dit n Karp is.
En dan....wat het gewerk...
Ek het amper al my vis op Pinksweets Mallow Floats en Pinksweets op die Bol gekry, of Petite Janine.
Ander goed wat gewerk het was Triple D, Quattro, Bunspice, Cina 4, Carp Cream, Has Been, en die Usual Vrugte, enkel floatie en n mielie of iets soos dit op die hoek, meeste van ons het sonder dough backing gevis.
BELANGRIK: Moenie die huis verlaat sonder Heuning en Erdwurms nie, HoneyGlow, Legend en 24/7 het seker 85% van die vis gevang. Ek het iets van elke spesie genoem gekry op n erdwurm en n enkel floatie op die hoek met Duiweldrek op die bol.
Hoop dit werk vir jou.