Van my kinder-dae af maak my pa sy stroppe met die hooflyn van sy katrol (Geen Leader). Dit was altyd 'n .50mm Maxima Ultra Green. Deesdae is dit die baie sterk .40mm Awa Shima.
Dis 'n vaste Vaaldam Trace met 'n redelike groot sinker aan die onderkant (So daar is geen glyende dele wat kraletjies nodig het om knope te beskerm nie).
Die oubaas se hengel benadering by die dam of rivier is as volg:
- Bruinbrood met eier en heuning (Soms kerrie of vla ingewerk). [/*]
- Koo pitte. [/*]
- Witpap. [/*]
- Molasse. [/*]
- Altyd was die grondvoer kaboempitte gewees maar deesdae word supercast met heelpitte en sweetcorn gebruik. [/*]
- Strawberry jelly in die grondvoer indien die Vaaldam gehengel word. [/*]
- Slegs van der merwe hoeke vir karp en baber. [/*]
- Onlangs het die Oubaas Bunspice ontdek, dis sy geliefkoosde dip op hierdie stadium. TCP word ook gereeld gebruik en dan is daar die Vanilla Essence.[/*]
- Vir Babers: Groot Trosse Wurms, Karpkop of platties. [/*]
- Bruinbrood poliesmanne[/*]
Dit loop oop kole meeste van die tyd, my pa vang altyd die grotes!
As ek die kleintjies vang wat so groot is soos pilchards in 'n blik, is hierdie die oubaas se gemiddelde !