Henties 2015

Jr71

Senior Member
Was daar in Feb vis 2 weke moet nie verby Rigtersveld ry nie
As jy van 108 we kant af kom die 2de set rotse hy maak so n
Kom groot aas (pilchard) met die stoot en looi whom het n paar
Kabeljoue oor 10kg gekry geniet en gaan meer noord vir steenbras
Lighter en Angolaklip het mooi produce in Feb
::tight: :?
 

BOK

Senior Member
Dag 2:

Vandag was 'n pragtige dag langs die see by canopy was so 'n gedagte van kleur in die water maar geen vis. Ons het terug huis se kant toe gewerk en myl 72 se water was skoner as skoon ek het 'n trek gekry van 'n groot vis op pilchard. Ek dink dit was 'n spottie maar wat my so bietjie pla is die hoeke het los gekom wat nie gewoonlik gebeur met 'n haai of pylstert nie. So ons het vandag weer nie vis gekry nie maar ek glo ons sal nog.
 

BOK

Senior Member
'n pragtige chokka asie wat vir my 'n ronde nul gevang het
 

Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    31.8 KB · Views: 727

Gien

Member
Ma het gese daar sal sulke dae ook wees, net nie so baie nie. Hou moed, die geluk sal draai.

Praat van hoek wat los kom, dit het omtrent 3 of 4 keer met my gebeur terwyl ek vir Spottie gehengel het met my afgelope Henties trip. Die stok gaan le omtrent horisontaal soos die vis wegtrek en daar is nie stop nie, die lyn bly afstroop van die Trinni tot dat ek aan die stok raak om uit die rod holder te haal dan is daar niks. Die drag was relatief styf, hoeke is skerp en seker gemaak die hoeke se punte is oop en gaan le nie plat teen die aas nie. Dit maak my dom maar dit moet seker ook maar gebeur.
 

Mike Smith

Sealiner
BOK wrote:
Dag 2:

Vandag was 'n pragtige dag langs die see by canopy was so 'n gedagte van kleur in die water maar geen vis. Ons het terug huis se kant toe gewerk en myl 72 se water was skoner as skoon ek het 'n trek gekry van 'n groot vis op pilchard. Ek dink dit was 'n spottie maar wat my so bietjie pla is die hoeke het los gekom wat nie gewoonlik gebeur met 'n haai of pylstert nie. So ons het vandag weer nie vis gekry nie maar ek glo ons sal nog.

Julle manne ry te vêr! Net buite Henties is die afdraai vir Omaruru rivier mond. As jy daar afdraai en see toe ry, net sodra jy by die see kom, draai regs en ry omtrent so 300 meter na 'n sanderige punt wat so uitstaan.

Stop so 50 meter voor die punt en gooi net met een stok want jy sal nie kan byhou met twee stokke nie. Op laag water kan jy om die punt ry maar wees versigtig, die sand is hels los daar - Net 'n Colt sal dit daar deurmaak! ::slr::
 

BOK

Senior Member
Gien wrote:
Ma het gese daar sal sulke dae ook wees, net nie so baie nie. Hou moed, die geluk sal draai.

Praat van hoek wat los kom, dit het omtrent 3 of 4 keer met my gebeur terwyl ek vir Spottie gehengel het met my afgelope Henties trip. Die stok gaan le omtrent horisontaal soos die vis wegtrek en daar is nie stop nie, die lyn bly afstroop van die Trinni tot dat ek aan die stok raak om uit die rod holder te haal dan is daar niks. Die drag was relatief styf, hoeke is skerp en seker gemaak die hoeke se punte is oop en gaan le nie plat teen die aas nie. Dit maak my dom maar dit moet seker ook maar gebeur.

Ek hengel met circle hoeke en met die dingle dangle wat ek maak kom daar maar baie wynig 'n vis af
 

BOK

Senior Member
Dankie mike ek sal jou raad volg


Dag 3:

So ons was vanoggend weer vroeg uit die vere. Op tot by winston op soek na steenbra. Al die sandbanke probeer en ja niks steenbra nie. Een kabeljou twee eagle rays en 'n sandhaai. Toe stop ons maar vir middag ete maak 'n vuurtjie en gooi 'n tjoppie en 'n worsie op die kole. O ja die kabeljou het op seekat gebyt bo op die sandbank. Die vis bly maar skaars selfs die galjoen.
 

Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    36.1 KB · Views: 644
Top