Ma het gese daar sal sulke dae ook wees, net nie so baie nie. Hou moed, die geluk sal draai.
Praat van hoek wat los kom, dit het omtrent 3 of 4 keer met my gebeur terwyl ek vir Spottie gehengel het met my afgelope Henties trip. Die stok gaan le omtrent horisontaal soos die vis wegtrek en daar is nie stop nie, die lyn bly afstroop van die Trinni tot dat ek aan die stok raak om uit die rod holder te haal dan is daar niks. Die drag was relatief styf, hoeke is skerp en seker gemaak die hoeke se punte is oop en gaan le nie plat teen die aas nie. Dit maak my dom maar dit moet seker ook maar gebeur.