Henties 2015

Simen

Sealiner
Manne ja, wat kan 'n mens se, dis wragtig swak huidiglik hier by ons, weet nie regtig wat aangaan nie. Nerens kom vordentlike vis uit nie.

Hier en daar word iets groot gevang,

Galjoen is nog steeds oral aan die byt.

Dis nie dat daar nie vis is nie, hulle le net dieper as wat ons van die kant af kan bykom.

Die bote vang daagliks mooi kabeljou, julle sal die bote net agter die breekwater sien.

Ek sien elke dag die vangste, my buurman is een van die kommersieele bootvangers hier in Namibia.

My opinie wat aangaan.

As mens mooi kyk na die weer patroon sien mens dat ons amper geen sterk sw wind kry of gehad het nie.

Ons vis word met 'n sterk SW wind kant toe gestoot, die wind waai goed vir 'n dag en dan sommer weg vir 'n week.

Die manne wat die kus ken sal saamstem, altyd goeie vangste na so 3 dae se lekker sterk SW wind
 

BOK

Senior Member
Dag 6:

So vandag het ons 'n besluit gemaak om myl 106 toe te gaan en te soek vir 'n groot steenbra (ons kry hulle maar elke jaar daar) ons het al 'n idee gehad waar om te soek vir hulle maar op die ou einde het ons rerig elke mooi bank daar probeer en niks gekry nie net 'n skaam haai. Daar het drie mooi steenbrasse verder noord uit gekom maar verder nie veel nie die mense sukkel selfs met galjoen. Simen is reg ons vang elke jaar mooi vis na 'n lekker suid weste wind ek het nou die dag die bote gesien wat kabeljou vang.
 

BOK

Senior Member
Nie eers die halwe krap kreef combo wou 'n steenbra lok nie!
 

Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    27.6 KB · Views: 636

mongie

Senior Member
Verlede jaar oor die paas naweek het dit net so swak gegaan en die jaar lyk dit nie veel beter nie.
 

danie375

New member
Hallo Bok,ai dit lyk lekker daar,hoop julle kry mooi vis!
Kan jy asb vir ons 'n post plaas oor hoe jy daai pragtige tjokka aas op die sirkel hoek met die Dingle Dangle maak,dit lyk great!!!!::tight:
 

BOK

Senior Member
Ek maak vir my 'n klein dingle dangle met wit foam en 'n koppie van 'n wit skirt wat se pooitjies af geknip is en 0.8mm stainles draad piano wire sal ook werk. Dan sit ek 'n stukkie heat shrink oor die dingle dangle se ogie dan kom die hoek nie uit as ek hom aan haak nie. Verder sny ek maar drie pootjies uit die chokka en draai dit vas en vir die lyf slaan ek 'n stukkie chokka pap en draai dit met latex gare vas. Laat weet maar as jy iets nie verstaan nie

Dag 7:

Vandag het ons net vinig 'n draai by die see gemaak en verder het ons maar die vrouens hul sin gegee maar more bly hul blykbaar by die huis so ons sal weer vroeg oggend op die groot steenbra se spoor wees. O ja ons het net 2 ondermaat galjoene gevang.
 

RINEX

Sealiner
Suid Weste-wind is dodelik daar..Dankie Simen
 

Attachments

  • IMG_0634 (FILEminimizer).JPG
    IMG_0634 (FILEminimizer).JPG
    36.3 KB · Views: 565

RINEX

Sealiner
meeste vis by Myl 106/108 en Ronde klippies gevang
 

Attachments

  • IMG_0653 (FILEminimizer).JPG
    IMG_0653 (FILEminimizer).JPG
    46 KB · Views: 563

BOK

Senior Member
danie375 wrote:
Dankie Bok,dit maak sin,die skirt se koppie lyk baie natuurlik!
Watter tipe en size sirkel gebruik jy?
_seal1_t

Dit hang maar af van hoe groot jy jou aas wil he die spesifieke een was 'n 4/0 adrenalin circle maar ek gebruik gamagatsu circle's ook
 
Top