Manne ja, wat kan 'n mens se, dis wragtig swak huidiglik hier by ons, weet nie regtig wat aangaan nie. Nerens kom vordentlike vis uit nie.
Hier en daar word iets groot gevang,
Galjoen is nog steeds oral aan die byt.
Dis nie dat daar nie vis is nie, hulle le net dieper as wat ons van die kant af kan bykom.
Die bote vang daagliks mooi kabeljou, julle sal die bote net agter die breekwater sien.
Ek sien elke dag die vangste, my buurman is een van die kommersieele bootvangers hier in Namibia.
My opinie wat aangaan.
As mens mooi kyk na die weer patroon sien mens dat ons amper geen sterk sw wind kry of gehad het nie.
Ons vis word met 'n sterk SW wind kant toe gestoot, die wind waai goed vir 'n dag en dan sommer weg vir 'n week.
Die manne wat die kus ken sal saamstem, altyd goeie vangste na so 3 dae se lekker sterk SW wind