GALJOEN VERMINDER NA 1

Carlic Bait

Sealiner
Marthin wrote:
oh en om by te voeg... jy mag nie vis stockpile nie.. jy mag op geen dag in besit wees van meer as jou limiet nie... so jy kan nie 5 gallies in jou vrieskas he en nog 2 gaan vang nie, jy mag nie eers die extra 3 in jou vrieskas he nie.

Maar om daai een te verduidelik, die ouens verstaan nie eers jy mag net 2 by jou he by die see nie, soos hierbo deur die ander strepie genoem...
Nou wie gaan in my "VRIESKAS"sy neus kom indruk????,Hy kan mos
GE:fbashword!!
 

jaccil

Senior Member
Ek glo nie so 'n verandering gaan die toestand enigsins verbeter nie.

Gaan kyk hoe sekere mense in Kleinmond, Hawston, Gansbaai, Waenhuiskrans, ens. sakke vol (15+) galjoene vang wanneer hulle op 'n lekker gat afkom. Die tipe ouens voel nie net 'n veer vir limiete nie, maar ook vir seisoensbeperkings. Inderwaarheid, van hulle glo dat die galjoene in beter toestand is in die somer, wanneer die seisoen toe is. Meeste van die ouens waarvan ek weet wat so optree, vang vis vir 'n lewe (kommersieel, "subsistance" of bloot eenvoudig 100% poacher). Dan praat mens nie eens van setnette nie...

Of die beperking nou 1 of 2 per persoon is, dit gaan net die wetsgehoorsame mense beïnvloed en waarskynlik 'n aantal van hulle negatief maak oor die regulasies. Op die ou end gaan jy net met meer mense sit wat nie meer 'n veer voel vir die regulasies nie.

Voordat MCM nie die huidige regulasies kan handhaaf en die poaching stopsit nie, gaan 'n verandering aan die limiet nie 'n beduidende inpak hê nie. Kyk net hoe het die manne galjoen geteiken in Strandfontein voor die 2012 seisoen oopgemaak het (daar was 'n hele aantal verslae daaroor). Wat het MCM gedoen om hulle te stop?

Kyk net bietjie na die Facebook foto's gelys hieronder - vangste van 'n ou wat vir Cape Nature werk! Uit al sy ander foto's is dit ook duidelik dat hy baie visvang, so daar is geen onkunde t.o.v. regulasies nie! Hy het 'n ruk gelede op die RSD groep foto's geplaas van twee steenbrasse wat hy by Dyer Eiland gevang het en op verdere ondersoek het ek op die foto's afgekom...

Foto van 26 galjoene

Foto van (meer as) 5 galjoene

Foto van 5 galjoene, gestempel 6 Desember 2010 (Facebook het intussen tydstempels op foto's geblur)

Foto van groot galjoen, opgelaai in Desember

Foto van 15 geelbek
 

OvaR8ed

Sealiner
Die ding is, meeste van ons wat gereeld lees en lisensies koop is redelik bewus en doen nie soveel skade nie...

Dis die ouens wat net nie 'n f<>k omgee nie wat die probleem is!

Dis vir my moeilik om my enigste vis vir die dag terug te gooi waneer ek weet honderede word op een slag uitgehaal met 'n treknet, soms selfs onwettig! Maar ek doen dit want dis die regte ding om te doen...

Om die limiete stenger te beperk terwyl daar niks gedoen word om die drolle te stop wat te veel uit haal gaan die ouens wat hulle kant bring kwaad maak!
 

Joker

Senior Member
Hoe meer wette, hoe meer word wetsgehoorsame persoon "getarget" :)

Hulle kan maar die arme galjoen tien jaar gee om te "recover". Ek vang tog klaar niks Galjoen nie. :)
 

Marthin

Sealiner
jaccil wrote:
Ek glo nie so 'n verandering gaan die toestand enigsins verbeter nie.

Gaan kyk hoe sekere mense in Kleinmond, Hawston, Gansbaai, Waenhuiskrans, ens. sakke vol (15+) galjoene vang wanneer hulle op 'n lekker gat afkom. Die tipe ouens voel nie net 'n veer vir limiete nie, maar ook vir seisoensbeperkings. Inderwaarheid, van hulle glo dat die galjoene in beter toestand is in die somer, wanneer die seisoen toe is. Meeste van die ouens waarvan ek weet wat so optree, vang vis vir 'n lewe (kommersieel, "subsistance" of bloot eenvoudig 100% poacher). Dan praat mens nie eens van setnette nie...

Of die beperking nou 1 of 2 per persoon is, dit gaan net die wetsgehoorsame mense beïnvloed en waarskynlik 'n aantal van hulle negatief maak oor die regulasies. Op die ou end gaan jy net met meer mense sit wat nie meer 'n veer voel vir die regulasies nie.

Voordat MCM nie die huidige regulasies kan handhaaf en die poaching stopsit nie, gaan 'n verandering aan die limiet nie 'n beduidende inpak hê nie. Kyk net hoe het die manne galjoen geteiken in Strandfontein voor die 2012 seisoen oopgemaak het (daar was 'n hele aantal verslae daaroor). Wat het MCM gedoen om hulle te stop?

Kyk net bietjie na die Facebook foto's gelys hieronder - vangste van 'n ou wat vir Cape Nature werk! Uit al sy ander foto's is dit ook duidelik dat hy baie visvang, so daar is geen onkunde t.o.v. regulasies nie! Hy het 'n ruk gelede op die RSD groep foto's geplaas van twee steenbrasse wat hy by Dyer Eiland gevang het en op verdere ondersoek het ek op die foto's afgekom...

Foto van 26 galjoene

Foto van (meer as) 5 galjoene

Foto van 5 galjoene, gestempel 6 Desember 2010 (Facebook het intussen tydstempels op foto's geblur)

Foto van groot galjoen, opgelaai in Desember

Foto van 15 geelbek

Net so jaccil slat jy die spyker nou so hard op sy kop die sparks trek eintlik so!

Dis NIE die naweek vissermanne nie. Dis nie eers die aaskopers by die winkel of skelm nie (winkel rooiaas my maar nog net mooi niks gehelp nie, en skamie aas, jy weet mos).

Ongelujkkig die voorbeelde wat jy gee is behalwe vir die netstekers, ouens wat presies weet waar om galjoen te kry, watter aas om te maak, kondisies ens, wat voor mens wys geword het oor vis en die bewaring daarvan bekend sou wees as bobaas galjoen hengelaars. Ek onthou die ou waaroor daar een keer n groot fight was op sealine was deur sommige gesien as n poacher, deur ander n uitstekende galjoen hengelaar.

Ek is jammer maar ouens wat ek gesien het galjoen roer veral in die suidkaap, is ouens wat presies weet wat hulle doen en alles behalwe naweek hengelaars is, inteendeel ek dink die enigste aas wat hulle koop is dalk chokka, pilchards net as hulle geen strepies kan kry nie!
 

zappa

New member
Marthin wrote:
as almal hou by hulle limiete, die vis buite seisoen alleen gelos word (nie soos in die begin van die jaar voor die seisoen oopgemaak was die vis by strandfontein gelooi het nie), die manne nie netsteek by dwarskersbos en so 70 gallies in one shot uithaal nie, die manne nie R300 n gallie kry by party plekke in die suidkaap nie, ja dan sal dit die getalle opbring.

Maar tot dan al verbied hulle galjoen uithaal sal die getalle nie opkom nie.
Ek stem saam. ek het al manne gesien wat 90 plus shad in n uur gevang het en almal hou. Vir wat!!!!!!!!!!!! Vang net genoeg om te eet en release die res . Ek ken van die ouens en ek weet nie eers hoeveel hulle weg gegooi het na 2 maande wat die vis al af was nie. As ons almal net kan saam werk (vang genoeg vir n lekker braai en vang die res vir sport)
 

JD

Sealiner
Wat vir my en Carol so bly maak is om te sien hoe aktief MCM nou by die punt is. Ons was voorheen nooit vir ons lisensies gevra nie, maar vir die afgelope paar kere het hulle kom vra. Eem ou het somer 2km gestap om vir ons te kom soek om te vra.t(((up((
 

FeedingFrenzy

New member
It's not MCM at Cape Point it is SANParks!  MCM has no jurisdiction in a National Park unless so authorised by SANParks.  MCM is still nowhere to be seen. 

I have said it before and I will say it again:  you can have the most sophisticated legislation in the world but if you are not enforcing it then all you are doing is teaching people to become confident about breaking the law - and they will continue to do so.

There are weekend fisherman with serious viskoors - the f*kkolvangers who suddenly hit a shoal and make up for all the times they blanked.

And then there are dedicated and consistent "poachers" - guys who know how where and when and they nail the fish for personal gain.  Now that the moegoe I want stopped. 
 

DABONES

Banned
dit gaan moer moeilik wees om die "agter geblewene" hengelaars te educate. dis hulle wat die vis uitroei.

ek kayk na die rasta wat by harbour island vis....enige vis wat gevang word, word gehou. en as jy hulle aanvat word jou ma se poenani gevloek en word n lem uitgeruk. my gallie tallie vir die seisoen staan op 39. waarvan ek slegs 4 gehou het. res is elkeen veilig release

ons sal n plan moet maak.... ons vis bronne raak by die dag minder
 

OvaR8ed

Sealiner
Die vis is ok solank daar MPA's is met restricted zones, dis oor my sport waaroor ek worry!

'n Paar studies wat ek gelees het dui dat meeste vis rondom een spot uithang (Ten mimste vir die seisoen inelkgeval) so waneer 'n vis by 'n spesifieke spot gehou word is daar een minder vir ander hengelaars om te vang...

Dus is dit maar net die maklik bekombare spots wat uitgevang word en die MPA areas bly redelik goed gestock.
 

OvaR8ed

Sealiner
Marthin wrote:
Jy sit die pot effens mis.

Eks 'n land meter, ek k@k in die bos ou maat, nie in die pot nie!

Soos ek se^, ek het nog net 'n paar studies gelees, so ek is geen expert nie...

Ek praat ook van die general case, nie runs nie...

Ek weet ook nie veel van galjoen nie, maar visse soos kolstert, wildeperd, jong mosselkrakers, selfs grunters het maar kleinerige "home ranges" rondom een spot. Ja ek weet baie vis migreer elke seisoen erens heen om eiers te gaan uit poep, maar in die kort termyn bly redelik baie species maar naby een spot...
 

OvaR8ed

Sealiner
Die fyt van die saak is ons kan lees en debateer tot ons blou is, huidig op hierdie oomblik is daar poepholle wat poach! Dis hulle skuld dat ons reels al hoe strenger raak...

Strenger reels maak geen verskil in hoeveel hulle poach nie. Dink julle waneer ons quota halveer word dat die poachers ook net die helfe gaan vat in vergelyking met gister...?
 

Marthin

Sealiner
yip daaroor kan ons saamstem verseker...

probleem a is, daar is te min MPA's. Soos ek dit verstaan, het visse n baie groot "mortality rate" op eiers en larwes. Dis basies alles in die see se kos.

So jy kort massiewe getalle vis wat spawn om getalle net dieselfde te hou... daar is eenvoudig nie genoeg vis in MPA's om dit te doen nie, so dit sal net aanhou afneem.

Steenbras kort goeie riviere om te broei.

Die lys is lank van probleme. Van wat ek gehoor het by mense baie slimmer as ek, is as almal hou by hulle limiete sal die vis getalle dieselfde bly en selfs opgaan. ongelukkig gebeur dit nie.

En ja polisiering is een saak, maar donner man mense kan seker opgevoed genoeg wees om na hulleself ook te kyk?
 

kaspaas

Sealiner
Ek was gedurende Junie in Natal. Vir die kleinkinders gaan kuier maar die gerei ook saamgevat. Slegs een dag by Umkomaas riviermonding gaan hengel. Tussen my skoonseun ek ek het ons sowat 50 elwe gevang waarvan ons, ons kwota gehou het. Die res is vrygelaat. Daar was egter sowat 20 ander "local" hengelaars wat nie dieselfde benadering gevolg het nie. Sommiges het tot 6 hoeke aan hul lyn gehad en by geleentheid al 6 hoeke met baie klein elwe ingetrek. Nie een van die ondermaat elfies is losgelaat nie. Dis alles na hulle Checkers sakke.

Toe daag die langarm van die gereg op. Twee Zulu's in bruin uniforms en baie lappies op die skouers. Aha, reken ek vir my skoonseun. Hier kom die bollie! Maar wat wo, hulle het nie eers na die hengelaars se hengelpermitte gevra nie. Net doodluiters rondgestap en al die sakke vissies collect en agter op hul bakkie gegooi. Toe is hulle daar weg. Aldus een van die locals ('n Indier) is dit die norm. Hulle reken dis kos vir die akwarium maar dis blykbaar 'n oop geheim dat dit as viskoekies op die Inspekteurs se tafels eindig. My skoonseun het see visserye se kantoor in Pietermaritzburg of erens gebel, maar die lot daar het hom basies in sy mo@r gestuur. Was blykbaar nie eintlik geinterresseerd in sy klagtes nie.

Nou, as ons amptenare daai houding inneem, sal die publiek ook nie hulle houding verander nie.
 
Top