Ek wil niemand se entoesiasme demp nie, maar ek glo nie mens mag kleinbek bass stock nie. ONs weet almal van die AIS regulasies wat gaan oor die beheer van aliens en invasive spesies. Die huidige kompromie tussen hengelaarsverenigings en die regering is om zoning toe te pas. Sekere damme en gebiede vir sekere visse. As die hengelaars nie by die ooreemkoms hou nie, en enige plek bass stock, kan ons verseker meer druk vanaf die regering verwag om bass as invasive te verklaar en uit te roei. So, laat ons die game volgens die reëls speel, wettig stock.