***Pienkes*** baie dankie weereens vir 'n lekker volledige verslag oor Saterdag se kompetisie - enige een wat dit lees sal amper voel dat hulle ook daar was en kan hulle nie spyt wees hulle was nie. Hoewel ek nie veronderstel was om te hengel met my nek operasie nie was ek mos die nuwe eienaar van die pink stok (Om mee te vang as straf) nadat Craig hom 3-4 maande gehad het. En hoekom was ek die trotse nuwe eienaar, want wie kan dan nou groter nonsens maak as om vir 6 maande buite aksie te wees met hengel - Baie Dankie Marthin.
Ek dink elke een wat 'n kans kry om met daai pink stok te vang moet so 'n ietsie se nadat hy dit gebruik het. Wel hier is my ietsie: - Terwyl ek daar so eenkant staan by Dawidskraal om nou nie oor die ander mense se lyne te boender met my baie onperfekte "underhand cast" omdat ek nie regtig mag hengel nie kom daar twee oomies verby gestap om verder af te gaan hengel. Toe hulle by my kom tik die een my so op die skouer en vra of daar darem iets byt. Hulle moes duidelik kon sien dat die lyn so ± 20 meter in die water le en ek antwoord toe maar half verlee, maar baie eerlik dat daar nog niks gebyt het nie. Die oom sit toe sy hand so op my skouer en se "Wel ten minste het jy 'n fo??en mooi stok" en ek was natuurlik sprakeloos.
Aangesien ek nou nie meer die trotse eienaar van die pink stok is nie en ek nie regtig mag hengel nie sal ek maar die fotos neem by doe Kaappunt kompetisie. Ek moet net seker maak dat ***Pienkes*** verewig word op film met daai stok. Wikus ek soek ten minste 3 aksie fotos wat jy dan in jou volgende verslag moet insluit. Jy sal ook maar moet hoop dat iemand anders droogmaak anders gaan daar dalk meer fotos van jou wees met daai stok.
Op 'n meer ernstige noot wil ek net vir al die lede wat daar was se dit was een van die beste kompetisies wat ek al bygewoon het. En vir ons vier nuwe lede (Een ons eerste dame) dit was lekker om julle almal daar te he. Hier is dit weereens bewys dat as ons hengel dan hengel ons en na die tyd kan ons almal saam ontspan en lekker gesels en grap. Vir die van julle wat nie aan SSEC: WC behoort nie julle mis uit BIG TIME - maak 'n plan - gaan kyk na
http://www.sealine.co.za/view_topic.php?id=27244&forum_id=47 en kom na ons volgende vergadering of kompetisie en raak deel van 'n klub wat altyd poog om jou die beste van alle werelde te gee.