Nee wat dit sal vir my 'n groot voorreg wees om daar te wees en saam met julle manne te kuier. Kom ons kyk hoe loop my dinge maar ek het nou my voete gevind en daar moet nou gehangal word, lol.
Dagsê manne, sorry ek is so stil. Soos Gideon sê ek het n nuwe werk begin en is besig met stocktake en system intergration. Ek sal inval by julle reelings.Gideon hou my op hoogte wat aangaan in die forum. Hoop ek kan dit maak, julle weet mos hoe gaan dit by n nuwe werk jong!!
Laat weet maar waneer finaal besluit is op n datum en venue.
Ja my Bloemhof trippie lyk nie of dit gaan gebeur nie en ek MOET dus hom vervang met 'n ander hengel trippie en die social lyk vir my na 'n goeie kanidaat.