Ek bewe nog steeds as ek dink aan die laaste socia

Is julle in vir n somer social?

  • JA

    Votes: 0 0.0%
  • Nee

    Votes: 0 0.0%

  • Total voters
    0

TimJan

Sealiner
Ok die staan van sake is soos volg. Timjan 2 visse 4 en ek het n run gehad op n krappie. Die 2 wat ek gevang het was nie die moeite werd vir n foto nie maar darem het hulle vars lug gesien.
 
CARP1

Sealiner
As jy 'n verdwaalde graskarpie vang,hou hom asb vir my?

Ek maak oor 10 minute klaar by die werk.Dan net vir Sam oplaai,en dan is ek oppad.^^..
 
Lerm

Member
Ek was so twee weke terug daar. By die bome gesit aan jou linker kant. Water bietjie dieper daar. Kleinkies heel dag gevang en in die aand mooier karpe gekry. In die aand op staffie en deur die dag pienk sweets met fx. Die baber op my avatar is daar voor die bome aan gekeer. Stywe lyne. Wens ek kon saam kom maar ry 94.7 Sondag!!
 
TimJan

Sealiner
Lerm as dinge anders word jy weet waar ons is kom join.die visvang is so n bietjie moeilik op die oomblik met die wind wat waai maar nogsteeds beter as die kantoor.
 
Dagse manne. Dit was nou n great naweek gewees. Lekker weer behalwe vir die bietjie winderigheid Vrydag aand en bietjie van Saterdag oggend. Die res van Saterdag was perfect gewees!! :::S Wou regtig langer bly en vandag eers terug ry.

Was great om die ander Liners te ontmoet, Rupert, Gerard, Tiaan, Riaan en oom Bruggie. Socials moet elke 3 maande ingestel word, maar ek gaan hulle nou nie kan bywoon nie. Dalk hier en daar enetjie, maar sal maar sien hoe dinge verloop.

Sien uit na die baie fotos wat gepost gaan word:wfish
 
Naruto

Sealiner
JPS, ek voel net so. Was regtig n great naweek van kuier, visvang en net tyd in die natuur spandeer.

Dankie aan almal wat daar was en gehelp het die relings ens. Oom Bruggie se skilpadjies... Timjan se demonstrasie met my Bazooka wat my laat besef et ek kort tyd in die gym... JPS se vertoning van hoe om kol te hengel(dink jy was moeg na al daai vis...). Carp1 se relings met die eienaar... En die skare wat ek gehad het toe ek die Bombzooka bietjie getoets het...lol!

Hoop ons kan gou weer so maak! Sal fotos laai sodra ek kans kry... Is nou te moeg haha!
 
Naruto wrote:

Naruto, hoe laat het jy en TimJan gaan slaap gisteraand? Ek was uit soos 'n kers net na 21:00. En my voete was skoon styf gewees vanoggend.

Eish, en daar mis ek uit op oom Bruggie se skilpadjies. Het di bruin mielies Saterdag maar 'n skip gegee :)
 
Naruto

Sealiner
Ons het almal seker so by twaalfuur gaan inkruip. Timjan het soos n klip geslaap in sy kar, al het een babertjie hom op n stadium opgejaag!lol! Daai skilpaadjies was eintlik ystervarke, want daar was tandestokkies in haha! Dit was vrek lekker!
 
Twaalfuur?! Nee ek sou dit nie gemaak het nie! Respect.
Vir wat het Tiaan in die kar gaan slaap? Sy tent seker te klein! :) Tiaan, jy sal maar n loooooong wheelbase bakkie moet koop sodat jou size 13's nie nat dou nie.
 
Naruto

Sealiner
Ek het ook nie veel geslaap met die wind wat my dakseil so gewapper het nie...

Hier is my eerste vis...
 
Attachments

  • IMG-20111118-00115 (Large).jpg
    IMG-20111118-00115 (Large).jpg
    93.6 KB · Views: 119

Naruto

Sealiner
In totaal was my telling soos volg:
Karp = 10
Graskarp = 4
Geelvis = 6
 
Attachments

  • IMG-20111119-00126 (Large).jpg
    IMG-20111119-00126 (Large).jpg
    80.8 KB · Views: 120

Naruto

Sealiner
Gerard se Spesie Staf. Was n mission om hom uit die bed uit te kry vir hierdie een...
 
Attachments

  • IMG-20111119-00134 (Large).jpg
    IMG-20111119-00134 (Large).jpg
    46.4 KB · Views: 118

gerard10

New member
Hi almal wat 'n lekker naweek om almal te ontmoet en gesigte te sit by die naam is baie lekker. Ek stem saam JPS ons moet 'n sosial hou elke 3 maande.

Tussen my en Rupert het ons 16 visse gevang.

Graskarp, Spiel karp(Rupert) en 'n klomp klein geelvisies.

My graskarp
 
Top