Hallo Rp en almal!
Ek was so bietjie uit en is weer terug op kantoor.Darem 4 keer gehengel die week wat verby is!
Rp...dankie vir jou opinie maar die gewig is bevestig op 6,77 kgs.
Onthou dit bly egter en ongelukkig steeds 'n spekulasie gewig omdat dit nie 'n elektroniese skaal was nie, maar ek het self ook toetse gedoen met bottels vol water op die skaal, en daai bass was beslis oor 6 kilos. Dus is dit waarskynlik die onofisiele SA rekord agv verskeie redes...gaan lees so paar posts terug op sealine.
Het jy fotos vd Bass uit Witklip, waar jy by die dam staan met die vis?
Dis grootste wat ek van weet uit die dam is 3,5 kilos.
Niemand by Laba , Nst Bassmasters , Solly's Anglers corner , ITSG hengelklub , SAPD hengelklub , DKD hengelklub of Croc hengelklub met wie ek gister hieroor gepraat het weet van jou vangs nie...hoekom het jy dit so stil gehou?
Huidiglik is die gemiddelde grootte maar so 200 grm to 600 grm uit die dam!
Vind aangeheg 'n foto van my pellie Chris Pienaar met hoe die gemddelde vissies daar lyk...
Jammer om so negatief te klink, maar ek moet noem dat Klipkopje dam wat naby Witklip is gereeld 3 kg plus oplewer ( en selfs al een van oor die 4 kilos deur Freek van Hitachi Nst ) dalk so kaliber vis kan oplewer.
Witklip wat redelik uitgevang / uitgenet is...ek weet darem nie...
Laat weet maar as ek moet omverskoning vra...dis egter my opinie...
Herman