[b]Hallo almal![/b] [b]Nou net uitslae vd ouens

Herman Nel

Senior Member
Hallo almal!

Nou net uitslae vd ouens met die wit jassies gekry!

Daar is 'n speling van plus 225 - 230 gram op daai Bandit trekskaal op 7 kilogram, dus as die naald op 7 kilos gestop het , het my vis ongeveer 6,77 kgs geweeg , maw 475 gram swaarder as J v Zuydam se SA rekord!

Ongelukkig sal ek maar tevrede moet wees met die onofisiele SA rekord , maar ja, dit kan seker in die beste van families gebeur!

Dis 'n baie duur les wat ek hieruit geleer het en ja , dit kon seker verhoed gewees het!

Riglyne vir die toekoms:

1. Koop 'n elektroniese skaal

2. Koop 'n ordentlike digitale kamera

3. Neem soveel as moontlik fotos vd vangs

4. Neem fotos waar die vis aan die skaal hang en die gewig gesien kan word

5. Neem fotos waar vis se lengte en omtrek gesien kan word met bv 'n maatband

6. Probeer ook video footage kry indien moontlik

7. Sluit aan by 'n geafilieerde hengel liggaam soos SABAA of IGFA

8. Hengel in damme wat toegangklik is vir die publiek

9. Hanteer 'n groot vis met respek en sit haar asb so gou as moontlik terug in die water. ( Dit sal waarskynlik 'n "sy" wees)

Groete

Herman

Attachments

  • IMGA0041.JPG
    IMGA0041.JPG
    41.7 KB · Views: 299

Loams

Sealiner
[color="#006600"]Herman Nel[/color] wrote:

Dis 'n baie duur les wat ek hieruit geleer het en ja , dit kon seker verhoed gewees het!

Riglyne vir die toekoms:

1. Koop 'n elektroniese skaal

2. Koop 'n ordentlike digitale kamera

3. Neem soveel as moontlik fotos vd vangs

4. Neem fotos waar die vis aan die skaal hang en die gewig gesien kan word

5. Neem fotos waar vis se lengte en omtrek gesien kan word met bv 'n maatband

6. Probeer ook video footage kry indien moontlik

7. Sluit aan by 'n geafilieerde hengel liggaam soos SABAA of IGFA

8. Hengel in damme wat toegangklik is vir die publiek
Dis nou as rekords vir 'n mens belangrik is :fst:

Persoonlik al vang ek 'n 10kilo Bass sal ek nogsteeds nie vir die rekord aansoek doen nie, maar dis maar net ek. Ek is nie gepla vir sulke dinge nie... Seker ook maar goed, ek dink nie ek is 'n goed genoeg visserman nie :lol:1
 
Herman Nel

Senior Member
Bucknutz ek skat so seker 3 tot 5 rugbyvelde in oppv.

Kyk na aangehegte fotos toe die dam vol was.
 
Attachments

  • FOTO 2.jpg
    FOTO 2.jpg
    36.3 KB · Views: 276

Bigmouth

Senior Member
Ek het 'n Canon 400D wat ek wil verkoop as iemand belangstel on die kamera gedeelte van sy "kit" uit te sort.;)

BucknutZ

New member
Herman Nel is nie teenwoordig nie......ek dink die Alien storie wat mense ontvoer het dalk plaas gevind in Nelspruit.

Hoop jy vang nog so paar 10kg bass daar in "Space".
 
Top