Herman Nel
Senior Member
Hallo almal!
Nou net uitslae vd ouens met die wit jassies gekry!
Daar is 'n speling van plus 225 - 230 gram op daai Bandit trekskaal op 7 kilogram, dus as die naald op 7 kilos gestop het , het my vis ongeveer 6,77 kgs geweeg , maw 475 gram swaarder as J v Zuydam se SA rekord!
Ongelukkig sal ek maar tevrede moet wees met die onofisiele SA rekord , maar ja, dit kan seker in die beste van families gebeur!
Dis 'n baie duur les wat ek hieruit geleer het en ja , dit kon seker verhoed gewees het!
Riglyne vir die toekoms:
1. Koop 'n elektroniese skaal
2. Koop 'n ordentlike digitale kamera
3. Neem soveel as moontlik fotos vd vangs
4. Neem fotos waar die vis aan die skaal hang en die gewig gesien kan word
5. Neem fotos waar vis se lengte en omtrek gesien kan word met bv 'n maatband
6. Probeer ook video footage kry indien moontlik
7. Sluit aan by 'n geafilieerde hengel liggaam soos SABAA of IGFA
8. Hengel in damme wat toegangklik is vir die publiek
9. Hanteer 'n groot vis met respek en sit haar asb so gou as moontlik terug in die water. ( Dit sal waarskynlik 'n "sy" wees)
Groete
Herman