[b]Hallo almal![/b] [b]Nou net uitslae vd ouens

rp

New member
Hi all

Dit is reg Herman. My goeie oorlede friend Mark Salab het self een gevang van oor die 4kg in Witklip. Daar is nie baie van daai grootes oor nie aangesien dielocals livebait gebruik en al die grootesvan die neste af vang. En natuurlik die gillnets wat hulle in die dam gesit het toe die dam daai een jaar so leeg was.

Klipkopje het wel baie groot bass, ek het 'n klient van Witrivier wat een gevang het van 4.3kg. Daar moet groter wees.

Ek het selfs al bass gesien wat uit van die damme in dieKomatippoort area kom wat oor die 5kg was. TSB se damme het net sulke groot bass.

Is Mohammed en Ishmael nog daar by Solly's, sal goed wees om hulle weer te sien. Moet een of ander tyd weer Laeveld toe kom om bass te vang.

As jy belangstel Herman kan ek vir jou 'n trofee maak van daai lengte vis,die een wat ek het van daai lengte weeg 15lbs. Sal jou So R2400 kos.

 
 

Herman Nel

Senior Member
Hallo daar RP!

Jy was bevoorreg om vir Mark te geken het, ek het van hom geweet en ek weet hy het goed gehengel en groot vis gevang!

Ek dink Klipkoppie het 5 kilo plus bass...die potensiaal is daar!


Komati area s'n ( TSB ingesluit ) het volgens my 6 -7 kilo visse daar wat nog nooit gevang is nie!


Mohammed,Ishamael en Ali is nog almal by Solly's, Laat my asb weet as jy Laeveld toe kom!

Ek sal daai trofee laaik aangesien die vis se lewe en gene gespaar bly in die proses.

Laat ek my budget uitwerk,dan laat ek jou weet!

Hoe lank voor jy sal kan aflewer?

Groete

Herman

ps PM my jou tel no asb

 

 
 

Herman Nel

Senior Member
More Meneer Bucknutz!

Ongelukkig moes ek Saterdag  kliente sien en so paar ander dinge met die "Mevrou " aan gehad... en dit het tussen Vrydag, sat en sondag omtrent 30 mm gereen...so ek gaan vandag vang want die water sal vuil wees!

Ek het laas week so paar gooie gemaak naby Nst en Hazyview...niks besonders gevang nie...2 Rooiborskurpers  - 1 op 'n wit vliegie op my 2/3 weight setup en een op 'n klein Storm Swimbait op my bass gear.

Toe die reens hier begin val , begin die rysmiere toe ook vlieg...so ek het die laaste 2 weke of so lekker pret gehad met my vliegstok, Skuimpoppers, Deerhair Poppers en helder vliegies.

Sal nou-nou fotos opsit, net gou in 'n meeting!

Groete

Herman
 

Herman Nel

Senior Member
Ok meeting klaar!

Ek het in totaal 37 Bass en 2 Rooiborse gevang tussen die vinnige paar trips,maar niks mosters nie, alles was so 800 gram en kleiner.

Dit was egter moerse pret op my ligte 2/3 weight vliegstok!

Die goeie nuus is dat die Bass steeds SPAWN!

Ek het 3 wyfies gesien op neste wat beslis die 3 - 4 kilo merk kan haal, maar hulle wou niks van my weet nie!

Daar is egter altyd vandag...more...oormore...

Groete

Herman
 

Attachments

  • vis 001.jpg
    vis 001.jpg
    60.1 KB · Views: 130

BucknutZ

New member
Herman, wat is die regte manier om met n popper te hengel?

werk n mens hom met kort plikkies bo op die water sodat dit n patroon vorm in die water?

thanx
 

Herman Nel

Senior Member
Bucknutz

Ek gooi die aas gewoonlik / meeste vd tyd horisontaal met die oewer...so 1-2 meter vd bank af.

Ek maak 'n minimum/ook maksimum van so 4 "false casts" ( die aas MOENIE die water raak nie!) en as hy dan val, laat ek hom stil le vir so 20 -30 sekondes.

Dan gee ek een HARDE HORISONTALE pluk met die stok sodat hy 'n harde "plop" maak...dan los ek hom so 10 sekondes en begin dan 'n "pluk/strip" retrieve met my hand en die vlieglyn...so 30cm op 'n slag, met tussen poses van so 5 sekondes.

As die bass gryp, kap HORISONTAAL , dit is belangrik om jou stok se punt so laag as moontlik te hou op die retrieve. Net soos met Tiervis, as hy spring is jou kanse vertrippel dat jy hom gaan verloor!

Ek is besig om my eie "High density foam" Poppers met "Circle Hooks" te ontwikkel/ontwerp wat sover 'n baie beter hookset het as gewone poppers met daai k@kkerige bruin hoeke...sal julle op hoogte hou!

NB as jy by die kant kom, moenie net die aas uit die water pluk nie,"Pause " eers so paar oomblikke en tel die aas stadig en so na as moontlik teen die kant uit. Die rede hiervoor is dat baie keer agtervolg die bass die aas en "besluit moet ek of moet ek nie die gogga gryp?" As hy sien die aas gaan wegkom sal hy dalk vinnig besluit en hom teen die oewer gryp of selfs uit die water spring en die aas BO DIE OPPV gryp!

Dieselfde tel ook vir gewone bass hengel ... "pause" voordat jy die aas net uitpluk!

Hoop dit help!

Groete

Herman
 

100% African

Senior Member
For those of us who's afrikaans is nie bie goed nie, and don't want to read the 10 pages of posts here.... What was the outcome of the "7kg" bass story?

What's the actual weight and is it a record or not???

Shot Guys
 

Herman Nel

Senior Member
Hallo Kingfisher-Guy!

Die bass fights op vlieg gear is partkeer vir my vinniger verby as forelle vd selfde grootte,albei bly egter great fun!

Waar die bass wel wen is wanneer dit 'n kleinbekbass is...hulle baklei naas graskarp en tiervis vir my die beste!

ps

Ek gaan in volg week by jou 'n draai kom maak, is dit nog reg so?

pm My net asb 'n kaart en jou tel no

Thanx

Herman
 

Herman Nel

Senior Member
Hi there 100% African angler!

At 6.77 kgs I take it that it qualifies as the "unoficial SA record" due to a lot of factors, that includes me not being afilliated to SABAA , not using an electronic scale , not taking photos with the fish on a scale showing the weight nor length or girth measurements , and the fish not taken from PUBLIC waters but PRIVATE waters.

I am going to have a replica made by RP and to me that fish sitting somewhere in my house ( with the real one still alive somewhere out there!) is going to be super!

To have claimed the official record and said I oficcialy caught SA Biggest and first 14 pounder ( almost 15 pounder! ) would have been the ultimate!...and maybe even getting some sponsors too would have been nice though....but "stuff" happens! That fish was caught on a 100% Berkley setup ( except for the bait  ) and it crossed my mind several times to contact them, but with the unoficial record it propably would be no good...

Greetings

Herman
 
Top