Add your name to the list if you want to join us.

CARP1

Sealiner
Die shopping word die naweek gedoen.Brug,dis net ek +2,en dis my finale syfer.Was Saterdag by Kees vd Walt gewees,en die dam lyk great.Hierdie gaan n fantastiese trip wees.
 

BCEC

New member
Yes yes,

Bietjie lanklaas kom loer wat gaat aan. Gaan maar bietjie rof hier by die werk.

My maat kan ongelukkig nie meer saamkom nie agv wederhelf en belangrike familie sake. My getroue visvang maatjie (13 jarige dogter) se sy kom wel saam. Mamma nie te ge-impress omdat ek haar lieflike dogter in die winter Vaal toe sleep nie. Ek self maar bietjie bekommerd, maar ja wie kan stry met 'n tiener.

Sal maar haar warmkombers op die inverter gooi en ekstra batterye saam sleep. My shopping sal beslis bietjie swart koffie insluit . Die visvang goodies nog so bietjie dun en deurmekaar aangesien ek maar baie onlangs die "bank angling" ding aangevat maar so stadig aan besig om dinge reg te ruk. Sien uit om te leer.

Ons nog steeds in vir Saterdag oggend vroeg. Sien jul daar.

Cheers :ifishin
 

gerard10

New member
Ek het gou die weer vir volgende week gaan kyk vir Villiers sover is dit net sonskyn en 'n bietjie reen Vrydag oggend. ek is so opgewonde soos 'n kind met Kersfees.
 

BCEC

New member
Chat met my pa op Skype wat in Welkom bly. Hul al 60mm gehad en reen nog steeds.....! en natuurlik vriesend koud. Moet se darem nie te bad wat temperatuur aanbetref in PTA op die oomblik nie. Vanoggend 03:00 - 05:00 buurtwag patrollie gery en die koudste was 10.5*. Maar ja ek glo dit kom nog.

Cheers
 

Skuimkop

Sealiner
Ek het die thread bietjie laat gejoin so kan iemand asb vir my die reelings en koste so vlugtig gee? Dit gaan bietjie woes tyd vat om deur alles te lees maar ek is dik lus om julle te join.
 

CARP1

Sealiner
Goeie more,menere.Moerse jammer om julle in n blik te druk,maar ons moet nog met Aqua Via confirm oor die naweek sodat hulle die oewer vir ons kan bespreek.w.Is dit ok dat ons 12uur more middag die deadline maak van wie gaan?En wanneer?
 

BCEC

New member
CARP1 wrote:
Goeie more,menere.Moerse jammer om julle in n blik te druk,maar ons moet nog met Aqua Via confirm oor die naweek sodat hulle die oewer vir ons kan bespreek.w.Is dit ok dat ons 12uur more middag die deadline maak van wie gaan?En wanneer?

Goeie more CARP1,

Ek nog steed in soos per lys. Kom Saterdag oggend vroeg en Sondag terug. Ek plus 1 (my dogter).

Cheers
 
Top