Yes yes,
Bietjie lanklaas kom loer wat gaat aan. Gaan maar bietjie rof hier by die werk.
My maat kan ongelukkig nie meer saamkom nie agv wederhelf en belangrike familie sake. My getroue visvang maatjie (13 jarige dogter) se sy kom wel saam. Mamma nie te ge-impress omdat ek haar lieflike dogter in die winter Vaal toe sleep nie. Ek self maar bietjie bekommerd, maar ja wie kan stry met 'n tiener.
Sal maar haar warmkombers op die inverter gooi en ekstra batterye saam sleep. My shopping sal beslis bietjie swart koffie insluit . Die visvang goodies nog so bietjie dun en deurmekaar aangesien ek maar baie onlangs die "bank angling" ding aangevat maar so stadig aan besig om dinge reg te ruk. Sien uit om te leer.
Ons nog steeds in vir Saterdag oggend vroeg. Sien jul daar.
Cheers
