Ons gaan Saterdag op Macassar visvang. Ons ry 'n wit Toyota D/C 4x4 en sal by die aasbankies wees. Enige een wat alleen is is welkom om by ons aan te sluit.Ons sal so van agtuur daar wees. Kontak my op 0748777665
Ek het verlede Saterdag 3 Mei 2014 'n Bluntnose sandhaai gevang van 108.5 cm.Waar kan ek vastel of dit 'n rekord vis of nie en waar kan ek aansoek doen vir dit.
Ek gaan die naweek na Dwarskersbos toe en wil bietjie gaan galjoen vang , of enige ander spesie, maar ek sien die wind is SO en draai N Sondag , enige raad asseblief ?
E k wil weet of 'n Shimano 4000 katrol met 'n Shimano Vengence 9 voet stok 'n goeie kombinasie is of nie. Ek wil dit gebruik om sandhaaie en duckbills daarmee te vang en eetvis ?
Môre is daar enige hengelaar op die web wat my kan help met 'n huis of 'n woonstel om te huur op Struisbaai vanaf die 16 tot die 17 de Maart 2012. Die huise wat die agente vra is groot geld. Ek is 'n pensioenaris . Ons is 4 mense .Kontak nr is 021 5585813
Wie kan my help waar kan ek 'n huis huur vir 7 manne vanaf 6-10 November 2011 in Hentiesbaai teen 'n goeie prys behalwe Huis Klipdrift vra R1100-00 per nag
Wat is die korste route vanaf K/stad na Henties? Ek verstaan daar is 'n grondpad net voor MARIENDAL na Walvisbaai . ek wil graag weet in watter toestand is die pad en is daar vulstasies lans die pad en moet jy seker deur die dag daar deur ry om die koedoes te vermy
ek wil net dankie se vir yellowtail 17 op die forum wat my gehelp het om my eerste raggy te vang. dit was 'n 56 kg raggy en die foto is te sien onder my gallery Nogmaals baie dankie