Ek dink die seiljag sal ten minste R5 mil kos. Die een wat hulle op die skou gehad het, was om lede te werf vir hulle 'timeshare' besigheid. Jy kan blykbaar 3 weke 'n jaar spandeer op 'n seiljag enige plek in die wereld. Ek het nie eers gevra hoeveel dit kos om deel te word nie.
In stede daarvan om die bote meer bekostigbaar te maak word die goed net al hoe duurder. Party ouens se idee van vakansie hou is mos om soos 'n zombie net daar te sit vir die hele 2/3 weke sodat hulle uitgerus by die werk kan terugkom.
As jy nou so 'n boot deel met ander dan moet alles op die ding aan almal se vereistes voldoen. Die ouens speel nie met geld nie so hoes gaan jy hoes dis verseker en aan die einde van die dag het jy nog steeds niks nie.
My idee van vakansie hou is ek moet heeltemal sat by die huis terugkom :-D Ek sal by die werk rus.
Om te lewe is mos 'n mens se primere funksie, nie om te werk vir daai paaiement nie ;-)
Ek se mos die vakansie aanbieders dink mense moet net daar kom slaap en vreet. Hulle wys meer prentjies van die beddens en die kos as van enige iets anders.