Wat sal jy kies?

die spook

Senior Member
Hallou almal

Ek wil graag n katrolletjie aanskaf vir spin en aas gooi op riwwe, asook Langebaan stompies vang. Ek wil hom laai met so 20lb vleglyn en my stok is 9ft in lengte.

Ek oorweeg die Okuma Azores 40, Rovex Big Boss 5000 en die Finnor Lethal 40. Watter een sal julle voorstel?

Dankie,

Spook
 

willem wikkel spies

Moderator
Staff member
ek laaik nie die okuma azores nie.
weet nie waaroor die hype met hulle gaan nie.
het hom al gestrip...weet wat daar binne aangaan

rovex hoor ek meer positiewe dinge, maar nog nie die katrol onder oe gehad nie.

dink die finnor lethal 40 is die beste bet.

kyk net na die verkope diens daarna
help nie iets gebeur en jy sukkel met parte nie

lee beloftes help n hengelaar niks nie.

sterkte en laat weet wat jy gekry het
 

JeandlH

New member
Ek weet die katrol is gladnie op die lys nie, maar jy kan nou 'n Daiwa BG3000/4000 vir R1699 kry by Basilmanning. Hy sal jou baie jare langer hou as die katrolle wat genoem was. Dit is defnitief die ekstra paar rand werd.
Ek vang op die oomblik met die BG6500 en hy was al n paar keer onder water gewees agv branders, en hy het nog geen probleme gegee nie. Spoel hom net goed af na die tyd.
http://www.basilmanning.co.za/daiwa-bg-spinning-series-178530.html?cat=2568
 

Pylstert

Sealiner
Ek stem saam spaar en koop eerder Å„ Daiwa BG. Ek het Å„ Finnor lethal 40, die drag is hopeloos te veel vir die samestelling van die katrol. Myne se raam het gekraak waar die as deur die raam gaan.
 

Blikkiesvis

Sealiner
Jy kan ook kyk na ‘n Shimano Nasci5000 ek het een en hy loop (wens net hy het ‘n screwin handle gehad). Jy kan egter nie verkeerd gaan met ‘n BG3000/4000 nie!
 

Foose

New member
Daiwa BG verseker as jy n paar ekstra rande kan by gooi.

Na dit sal ek die Fin Nor lethal oorweeg.
 

JeandlH

New member
Blikkiesvis wrote:
Jy kan ook kyk na ‘n Shimano Nasci5000 ek het een en hy loop (wens net hy het ‘n screwin handle gehad). Jy kan egter nie verkeerd gaan met ‘n BG3000/4000 nie!
Blikkiesvis, hoeveel lyn het jy op hom gekry? En op watse stok gebruik jy hom?
 

die spook

Senior Member
Hallou almal. Ek het vir n Shimano Sedona gegaan. Ek weet dit was nie op die lys nie, maar ek dink mens kan oor die algemeen nie verkeerd gaan met Shimano. Dankie vir die hulp. Nou moet ek vleglyn kry en FG knoop maak.
 
Top