Jy benodig geen lisensie op die Breederivier vir n kayak nie. Net jou see hengelisensie as ook jou seewaardigheids sertifikaat vir jou yak.Die kompetisie word aangebied deur die Witsand Fees se feeskomitee.Inskrywings geld gaan aan die NSRI stasie 33 Vir verblyf kontak my gerus Ons hoop om heelwat van jul manne met jul yakke hier te verwelkom en glo ons dat jul dit sal geniet en heelwat vis sal vang.Die rivier is op die oomblik n bietjie vuil,maar behoort oor 14 dae reg te wees,so die tyd van die kompetisie behoort alles reg te wees vir goeie hengel.Die doel van die kompetisie is om jul sport hier bekend te stel asook om ons rivier en see aan jul bekend te stel.Ad jy die oggend wil gaan hengel en die see is aan,kan jy hier altyd met veiligheid nog jou gaan genietop die rivier.Ons beoog om dit n jaarlikse instelling te maak mèt n groot kompetisie net vir yakke.
Ons hoop om baie van jul hier te ontvang. Inskrywings kan met my bevestig word.