Strop en dip

Waldok

Senior Member
Hi almal,

Was bietjie lanklaas hier gewees en net n paar vragies.

Ek hengel met gewone Rietvlei strop. Nou my broer maak so lussie (of is dit lissie) aan die strop. Nou hy haak hierdie lussie aan die clip - on swivel wat op die leader lyn is. Is dit die beste manier en hoe maak n mens die knoop/lussie. Is daar nie pics erens op sealine nie?

Weet iemand dan ook wat is die dip "Turf Coffee"?? Nou dit is wat ek by die ou gehoor het, en ek is seker ek het reg gehoor, "Turf Coffee". Miskien is daar iets fout met my gehoor as daar glad nie so iets bestaan nie. Blykbaar n baie soet dip.

Dan my tip vir die dag is: Gebruik rooi GP soos wat jy Vicks sal gebruik, bietjies bietjies. (Ek het dit weereens by iemand ander gehoors, en hy KAN visvang !!)

 

Groete
 

Brakkanjan

Senior Member
Hi Waldok, ek gebruik glad nie so lussie nie maar 'n swivel. Johan Marx het gese die kans wat hy kan deurskuur is ook nie goed. Ek sien van die ouens in die klub hengel wel met 'n lussie wat hulle dan aan die snap swivel aan die leader haak.

Ek het nie 'n idee wat daai dip is nie. Rooi Gp is 'n goeie dip wat ek al gebruik het. Ek het egter die gewone dip gekoop en net 'n spuit kop aangesit. Een spuit is genoeg ;)
 

Naruto

Sealiner
Surgeons loop
Werk nog altyd vir my
 

Attachments

  • surgeons-end-loop-knot-1.jpg
    surgeons-end-loop-knot-1.jpg
    19.2 KB · Views: 201

Skuimkop

Sealiner
HennieG se laaities wat die stroppies vir 'n ou maak, maak ook gebruik van die lussie. Ek moet nog sien of ek daaraan gaan byt want ek het ook nog altyd van 'n swivel gebruik gemaak.
 

Duanejc

Senior Member
Daai lussie werk soos n bom, hengel al vir jare met die lussie en het nog nooit n strop gehad wat op die lussie breek nie. Net my ondervinding.
 

Waldok

Senior Member
Dankie Naruto !!

Ek gaan ook maar hou by die lussie, het nog nooit n strop daar gebreek nie. Het wel saterdag n bielie verloor wat by die hoek gebreek het. Daar gebruik ek knotless knot.

Dankie almal
 

Naruto

Sealiner
Klink soos n Trucella dip...? Of dis dalk een van Martin Louw se dips. Al sy dips is mos toffee dips.
 

Waldok

Senior Member
Baie smart Naruto !!

Blykbaar werk hierdie oukie goed by Cilliers. Maak maar n knoop in julle oor. Maar ek dink bitter min mense het dit in hul kas.
 
Top