strand poort en reefs

Cor-Jo

Senior Member
Was gister aand daar met n klein bootjie. 4 Geelbekkies 8 kabeljoutjies en n elf wat buite seisoen is. Wind het ons uit gejaag. Alle vis is terug geplaas. Het weer eens besef wat die verskil tussen n 26 Cape craft en n 11ft kreefbakkie is!!lol
 

BigBen

Sealiner

p49

Senior Member
Waar byt hulle asseblief?????????? Was die naweek daar in perfekte weer maar net met die strepies gebaklei
 

Cor-Jo

Senior Member
Van die boot af vang hulle die vis reg in die strand se poort. Ons het gister aand reg in lyn met die bakker ligte gele. Van die kant af vang hulle by blakes, die riwwe voor blakes op laag en by shark rock!!::tight:
 

onetwo

New member
Vandag op Webcam gesien water lekker stil in die Strand, daar moes seker ietsie uitgekom het. Cobbies en Geelbekke, kon dit net nie maak Melkbos toe nie, werk.
 

BigBen

Sealiner
onetwo wrote:
Vandag op Webcam gesien water lekker stil in die Strand, daar moes seker ietsie uitgekom het. Cobbies en Geelbekke, kon dit net nie maak Melkbos toe nie, werk.
Wat is die ip adres vir daai webcam asb..
 

catchme2

New member
ek sien nog steeds baie boats wat n paar 100-200m van die wal stop en vis vang in Strand. Dis mos nie wettig nie.
soos altyd, wie doen nie hulle job nie. niks verander nie!
 

Georgy

Senior Member
catchme2 wrote:
ek sien nog steeds baie boats wat n paar 100-200m van die wal stop en vis vang in Strand. Dis mos nie wettig nie.
soos altyd, wie doen nie hulle job nie. niks verander nie!

Ek gaan my kop op 'n blok sit hier.  Ek het met Marine Law Enforcement 'n vergadering gehad, ek het by hul volunteers aangesluit.  Ek het hulle gevra oor daardie reel / wet van 500m van die Strand af le met'n boot.  Hulle het NIKS daarvan geweet nie.  Hulle se dit is moontlik dat Cape Nature se reel / wet gemaak het.  Moet asb nie gaan op wat ek se nie, maar dit was uit die perd se bek.  Wat ek wel kan se is dat hulle baie streng gaan wees op undersized Kabeljou wat so geroof word in die branders,  so as iemand weet, stuur asb vir my die registrasie nommers van voertuie en bote wat dit doen.

 

 
 
Top