Stokke

Brakkanjan

Senior Member
Ek het vandag 2 mooi nuwe stokke aangeskaf, Supercast maak hulle, die embleem is die supercast mannetjie en dan staan daar onder super rods geskryf.

Gekry saam met 2 verskillende tips en hulle is in 13vt lengte.

Is dit die stokke wat Johan Louwies maak en is dit Blue Marlin T53 Blanks wat gebruik word?

Kan nie wag om hulle te gaan uitprobeer nie en ek glo dat ek meer afstand met hierdie stokke gaan kry ;)
 

Enigma

Moderator
Nee Oom Johan maak JL Customs. SuperCast maak SuperCast stokke

Hulle gebruik beide die Blue Marlin G2 13' T53 stokke en die spaar sagter tips wat jy gekry het is T24 tips.

Ek gebruik net die T53 13' stokke en hengel al 7 Jaar nou met myne, gooi van 'n M0 tot 'n 4oz met 'n klein bolletjie (Is jy seker dis 13' want hulle bou standaard met 12')
 

Brakkanjan

Senior Member
Craig, baie dankie weer vir jou terugvoer. Ek mag dalk verkeerd wees- sal hulle bietjie langs die Loomis 13fters plaas en kyk na die lengte.


Jy ken mos hierdie stokke beter as ons manne. Sit jy die stywer punt aan as jy 'n gewig verder wil cast of groter gewig wil cast?


By die handle waar jy die katrol vasskroef staan daar G22 Graphite geskryf.
 

Enigma

Moderator
Hi

Ek hengel slegs met die T53 punt want dit gooi die M0 tot 110gr gewigte en speel 'n vis ook lekker

Die T24 tip gooi al die gewigte tot P4. Die sagter tip gooi, met oefening 'n klein gewig net so ver as die harde tip maar speel groter visse lekkerde.

Ek het my sagte tips weg gegee omrede ek hulle nooit gebruik het nie

Die G2 is (Twee Stuk) en die 2 is (2oz)
 

Brakkanjan

Senior Member
Dankie weer vir die inligting Craig, my vrou haal my alweer uit en se sy hoop ek vang nou bietjie meer vis met hierdie nuwe stokke! (Boys and their toys).
 

LeonK

Member
en dan het jy daai stokke nog gesteel ook vir die prys wat jy hulle gekry het. kry jy nie skaam nie? LOL
 

Brakkanjan

Senior Member
Ek moet se dat die oubaas ook upgrade het, hy se hy sien al die ouens op Sealine hengel met graphites en toe neem hy my Loomis Carp stokke oor.

 Hy glo egter dat sy dik Fibreglass stok met die fuji guides steeds :ifishinsy baberstok sal wees.

Ek sal in die week gou 'n paar pics neem en plaas ;)
 

JakkieLouw

New member
Seun - sal nuwe stokke saamneem met my antieke katrolle (soos jy dit noem). Sal more lyn vervang 18Kg +.  Sal solank my goed regkry - weer behoort reg te wees as ons terug is van Natal. Klaar gereel vir ons uitstappie. Liefde. Pa.:fishn
 

JakkieLouw

New member
Seun kry jy asb. die beskerming op jou mikstokke reg om jou stokke te beskerm. Dit werk! Oubaas het dit altyd so gemaak. Liefde. Pa.
 

JakkieLouw

New member
Seun- het maar weer XX Hi-Abrasion (Dull green / exstra limp + extra strong) 0,24 (12.27Kg) lyn gekoop. Die bruin kleur is om lyn per boot in te neem / nie vir gooi. Het nog al die jare goeie vangste en diens uit die tipe lyn gekry. Nuwe tegnologie nie altyd beter! Het besluit om nie meer met Awa-Shima te hengel nie. Liefde. Pa. 
 

Bigdan

New member
JakkieLouw wrote:
Seun- het maar weer XX Hi-Abrasion (Dull green / exstra limp + extra strong) 0,24 (12.27Kg) lyn gekoop. Die bruin kleur is om lyn per boot in te neem / nie vir gooi. Het nog al die jare goeie vangste en diens uit die tipe lyn gekry. Nuwe tegnologie nie altyd beter! Het besluit om nie meer met Awa-Shima te hengel nie. Liefde. Pa. 
En vir watter rede sal oom nou nie meer met AWA Shima se lyn hengel nie?
 

Brakkanjan

Senior Member
Hier is die 2 tips ook. Kleur is so gun metal grey en blou. Ek weet my teels en tafel se kleure pas nie ;) Nog besig om die huis oor te doen.
 

Attachments

  • S5002295.JPG
    S5002295.JPG
    37 KB · Views: 160

Duanejc

Senior Member
Genuine lekker stokke die, ek het so 2 jaar terug vir my n stell by Schalk gekoop en ek is baie baie gelukig met hulle. Het nog nooit so lekker met n stok gegooi nie as met die outjies! Ek het ook al n paar keer met die sagte punt spesie gehengel en wat n plesier! Ek glo jy gaan die boys nog baie geniet!
 

LeonK

Member
nah koos!!!! dis die lelikste stokke wat ek nog ooit in my lewe gesien het.

verkoop hulle eerder aan my.:lol:1
 

Schala

New member
wat betaal mens vir twee van die stokke en nog iets kan en dit vir spesie ook gebruik. Ek wil nou koop met die hoop dat ek klaar stokke koop. my vrou kla oor dat ek elke keer ander stokke wil he lol
 
Top