Wat n wonderlike naweek wat nou verby was, dis juis die probleem....DIT IS VERBY!!

Ons was geseen die naweek met wonderlike weer, wonderlike ouens en wonderlike vanste.Soos Naruto gesê het is dit amper al wat ons oor gepraat het, VISVANG. Ons het heelwat geleer by Acidhouse met sy ''nou verstaanbaar'' tegniek.Ons het eers ons self vergaap aan hom wat so snaaks gooi, maar het na sy verduideliking verstaan hoekom.
Dankie aan almal wat wel op gedaag het en sy deel gebring om n wonderlike social te voltooi.
Geluk aan Wykie wat laat Saterdag eers daar aan kom(better late than never) en sy eerste vis vang wat ook die wen vis was. Acidhouse en Carp1 met die twee grootste babers vir die naweek en Phillip met sy muddy.
Dankie ook aan Naruto wat die Social begin het en ook met n paar gefleude woorde afgesluit het.
Die pryse was soos volg:
Grootste Karp - Wykie - 3.1Kg
Grootste Baber - Acidhouse/Carp1- 5Kg
Grootste muddy - Phillip - 1Kg
Casting Comp - Acidhouse - 209m
Daar was ook n paar lootjie trekkings en n paar manne het weg gestap met n ietsie.
Ons moet regtig die Social ding meer doen en meer mense betrokke kry.Hier volg n paar fotos.
Carp1 met sy baber.