My Melkbos PB

oomfaan

Senior Member
Vannaand, net toe die son sy kop in die water laat sak, klap die mooi bul my dropshot. 3.5 kg uitgeslag. Lekker fight, het 5 runs gemaak voor ek hom aan boord kon kry.
 
Attachments

  • April 2011 002.jpg
    April 2011 002.jpg
    53.5 KB · Views: 272

Fanie

Sealiner
Aitsa !

So ek neem aan jy het die kunsaas, plek, tyd water temp ens ens iewers gebere sodat jy volgende keer weer sulke sukses kan he...
 
oomfaan

Senior Member
Kunsaas - sagte plastiek
Plek - in die see
Tyd - net toe die son agter die water verdwyn
water temp- baie koud
hoek - 5/0 met 1/4 ons lood jighear
dropshot - McCarthy se jerk minnow in baby elf 5"
stok - gemodifiede Elbe Force
Katrol - Omoto Sol 2000 met 50/30 lb braid
Leader - Perlon 0.50 , 14 kg
Wind - Sterk suidoos
Retrieve - stadig, op die grond met klein tretjies
Vat - skelm, maar toe hy eers aan was, was dit groot pret. Daai Omoto se drag was so glad. elke keer as hy omdraai en die stok buig asof hy dubbeld wil vou en my kayak weer in 'n ander rigting draai, het daai katrol perfek gewerk.

Fanie, is daar nog iets wat jy wil weet?
 
landshark

Senior Member
Baie geluk Faan!

Ek dink baie ouens kan n blaadjie uit jou boek vat in terme van "aanhouer wen"
en "om vis te vang moet jou lyn in die water wees"

Baie mooi vis daai!

:wfish
 
oomfaan

Senior Member
Thanks guys, unfortunately I'm not that lucky every night. Went out again tonight and waited till the moon was high, but no fish. Only landed a very small baby barbel.
 
Fanie

Sealiner
oomfaan wrote:
Thanks guys, unfortunately I'm not that lucky every night. Went out again tonight and waited till the moon was high, but no fish. Only landed a very small baby barbel.
A ha !  Sien, iets het verander.  Of dit of jy het die laaste twee visse daar gevang.  Nee. dis nie jou geluk wat verander het nie.  Dis waarom ek se jy moet die kondisies en omstandighede waarneem om vas te stel waarom jy die vorige keer gevang het en nie nou nie.  Dalk sal net 'n verandering in kleur van jou kunsaas die verskil maak.  Vir al wat jy weet het daar 2000 visse verby jou kunsaas geswem en almal het net een kyk gegee en gese Yaaak ! en op die vlug geslaan !
 
oomfaan

Senior Member
Fanie wrote:

Fanie, dit is heel moontlik waar wat jy hier se, maar as die fish finder wys dat die vis gaan vakansie hou het of uit is vir ete na 'n restaurant toe en niemand anders op die water iets gevang het nie , se dit vir my die vis was eenvoudig nie daar nie. Wat ek al agter gekom het is dat as die suid oos wind sterk waai is ek meer gelukkig. Moet seker by se dat ek maar baie verveelig en verbeeldingloos is as dit kom by visvang plekke. Ek gaan le maar elke keer op dieselfde plekkie waar ek laas sukses gehad het en dit is hier in Melkbos. 99% van my kabeljoue kom daar uit die water en ek probeer om elke dag daar te gaan le as die see my toelaat.

Dis seker hoekom ek so baie blank, maar as die vis die dag besluit om te eet is ek daar en tel ek hulle op.

Wat die kleur van die water aanbetref het ek 'n groot probleem. Ek is kleurblind en sukkel om die kleure te onderskei. Die kunsaas se kleure is makliker, want dit is op die pakkie geskryf.
 
oomfaan

Senior Member
Fanie wrote:
Ek is kleurblind en sukkel om die kleure te onderskei.

Hoe bestuur jy jou motor :-o

O! dis maklik. As die boonste rooi lig brand, stop ek. As die middelste rooi lig brand, vat ek soms 'n kans. As die onderste wit lig brand, ry ek.

En watter kleur is jou kayak ???
Hulle se groen, maar vir my lyk hy geel.
Ek is darem nie heeltemal monochromaties nie.
 
Top