
A ha ! Sien, iets het verander. Of dit of jy het die laaste twee visse daar gevang. Nee. dis nie jou geluk wat verander het nie. Dis waarom ek se jy moet die kondisies en omstandighede waarneem om vas te stel waarom jy die vorige keer gevang het en nie nou nie. Dalk sal net 'n verandering in kleur van jou kunsaas die verskil maak. Vir al wat jy weet het daar 2000 visse verby jou kunsaas geswem en almal het net een kyk gegee en gese Yaaak ! en op die vlug geslaan !Thanks guys, unfortunately I'm not that lucky every night. Went out again tonight and waited till the moon was high, but no fish. Only landed a very small baby barbel.
Fanie, dit is heel moontlik waar wat jy hier se, maar as die fish finder wys dat die vis gaan vakansie hou het of uit is vir ete na 'n restaurant toe en niemand anders op die water iets gevang het nie , se dit vir my die vis was eenvoudig nie daar nie. Wat ek al agter gekom het is dat as die suid oos wind sterk waai is ek meer gelukkig. Moet seker by se dat ek maar baie verveelig en verbeeldingloos is as dit kom by visvang plekke. Ek gaan le maar elke keer op dieselfde plekkie waar ek laas sukses gehad het en dit is hier in Melkbos. 99% van my kabeljoue kom daar uit die water en ek probeer om elke dag daar te gaan le as die see my toelaat.oomfaan wrote:A ha ! Sien, iets het verander. Of dit of jy het die laaste twee visse daar gevang. Nee. dis nie jou geluk wat verander het nie. Dis waarom ek se jy moet die kondisies en omstandighede waarneem om vas te stel waarom jy die vorige keer gevang het en nie nou nie. Dalk sal net 'n verandering in kleur van jou kunsaas die verskil maak. Vir al wat jy weet het daar 2000 visse verby jou kunsaas geswem en almal het net een kyk gegee en gese Yaaak ! en op die vlug geslaan !Thanks guys, unfortunately I'm not that lucky every night. Went out again tonight and waited till the moon was high, but no fish. Only landed a very small baby barbel.
Ek is kleurblind en sukkel om die kleure te onderskei.
Ek is kleurblind en sukkel om die kleure te onderskei.
Hoe bestuur jy jou motor :-o
O! dis maklik. As die boonste rooi lig brand, stop ek. As die middelste rooi lig brand, vat ek soms 'n kans. As die onderste wit lig brand, ry ek.
En watter kleur is jou kayak ???
Hulle se groen, maar vir my lyk hy geel.
Ek is darem nie heeltemal monochromaties nie.