My eerste comp in 5 jaar:   Na berigte op d

Brakkanjan

Senior Member
My eerste comp in 5 jaar:

 

Na berigte op die nuus en radio van 80% kans op reen die naweek en vloede in die Rand het ek egter steeds besluit om te gaan hengel. Gegroet by die dam deur hengelaars op 'n koue en kwaai winderige dag is die penne getrek (Ek was natuurlik op my senuwees). Ek dag pak 'n battlebox maar besluit toe om die "Coffin" in te pak net vir ingeval.

 

Die ouens se ek het n moeilike pen gehad, maar hey -" A bad day at the water is better than a good day at the office".

 

Ek gooi dadelik M2's omdat die wind baie kwaai waai en die water trek ons lyne na regs. Hengel met my 10 voet sensation stokke, geen karpe nie (Los die 13 voet stokke agter in die bakkie). Verander die een M2 na 'n P2-Vaaldam , laai hom met 1 groot slangwurm op elke hoek en gee 2 lekker spuite GTV op die bol. Amper dadelik word ek beloon met 'n klein babertjie.

 

 
 

Attachments

  • S5002115.JPG
    S5002115.JPG
    39.8 KB · Views: 234

Brakkanjan

Senior Member
Ek vang al 5 babertjies op slagwurms en GTV op die bol. Ek kry egter geen karp nie. Ek gebruik Gly-Vaaldam stroppe met P2 sinkers.
 

Attachments

  • S5002125.JPG
    S5002125.JPG
    110.7 KB · Views: 233

Brakkanjan

Senior Member
Met die inweeg, het die babertjies 1.92 kg geweeg hehehehe.

 

Aan my linkerkant vang Kobus 'n mooi karp van oor die 2 kilo's met 'n plain bol op die sinker, plain deeg en ek weet nie watse floats hy gebruik het nie, hele strop geskud in SA poeier. Ook sy enigste vis van die dag.
 

Attachments

  • S5002118.JPG
    S5002118.JPG
    43 KB · Views: 233

Brakkanjan

Senior Member
Geure wat ek probeer het deur die verloop van die dag vir karp, maar wat nie gewerk het nie:

  • Red Aniseed en Strawberry[/*]
  • FX en Devils Fork [/*]
  • TAC / Scopex Oil [/*]
  • Perdeby en FX [/*]
  • Klipdrift en FX
Degies wat ek probeer het vir karp, maar wat ook nie gewerk het nie:
[/*]
  • Anniseed [/*]
  • Plain [/*]
  • DDD / Strawberry
[/*]
Floats:

  • Juana saam met slangwurms het steeds babers opelewer
[/*]
Grondvoer:


  • Plain Supercast Kolletjie (So nou en dan bietjie Haaspellets ingewerk) [/*]
  • Super John Bom van Spot On (Eddie Rush se voer)
Baber:
[/*]
  • Slangwurms op die hoek en GTV op die bol
Belangrike les wat ek geleer het:
[/*]
  • Dra 'n groter hoed volgende keer, my oe en ore het lekker gebrand. Ek het seker vir 45 minute aan die slaap geraak toe roer die son my, gelukkig het die katrol aan die skreeu gegaan met die grootste babertjie van die klomp. [/*]
  • Gelukkig het dit nie gereen nie, pak reenjas in.[/*]
Daar was wel iemand wat 'n 10 kg baber uitgetrek het en manne wat baie karpe getrek het.Het die prysuitdelik gemis want ek moes regmaak vir 'n informele funksie wat ek die aand moes bywoon en ma sou nie daarvan hou as ek na vis, garlic en ander geure geruik het nie.

 Ek glo wel dat my kennis gaan verbeter en ek gaan verseker meer ervaring opdoen.
HOOP ALMAL HET 'N GREAT WEEK!!
 

Attachments

  • S5002121.JPG
    S5002121.JPG
    45.9 KB · Views: 230

PI

Senior Member
Geluk Meneer,
Jy sal baie leer met die tyd. Sodra die manne agter kom jy is ernstig sal hulle al hoe meer share.
Next time kan jy ook Perdeby/BS32 try, klink hectic mar dit werk.

PI
 

LeonK

Member
hell maar hulle pen julle opmekaar.

well done brak, viskoors is n lelike ding jong..LOL
vir watter klub was dit?
 

HennieG

New member
Goed gedoen Brakkemjan.

 

Hoe het die ander manne se sakke gelyk?

 

Ons was by Ardenza anderkant O/ville en daar was darem 2 sakke van 14 elk, een met 12, ek het darem 10 gehad.....moelike dag gewees.
 

Brakkanjan

Senior Member
Yes manne, die klubgronde is op 'n boer se plaas, kan nie onthou wat is die plaas se naam nie.

Dit is Dagbreek Klubcomp wat gehou is, Hennie dis so 78 km van my huis af, lol daai Oranjeville pad is KLAAR...... Wonder of hy nog slegter kan lyk?

 Carp1: Ek probeer maar soos ek dink, sal weer 'n boekie begin impak en 'n opsomming maak na so sessie vir die volgende keer.

Ek het oorweeg om een 13 voet Loomis maksimum te gooi met 'n M3 of selfs 'n P4/5. Vol planne het die tyd egter net te vinnig verby gegaan.

PI, ek het daai MR. Muti se BS 32 in my kas, sal hom verseker aanwend met perdeby. Dalk so dik streep Banjo by? Die aand sit ek by die huis en dink, miskien moes ek meer soet geure gebruik het, dik strepe almond en honey of strawberry.

Hennie ek het die prysuitdeling gemis, van die sakke aan ons kant het soos myne gelyk, min vis lol, dan was daar ook groot sakke wat gevang is (So gehoor). Die wind het ook seker die oggend kwaai gewaai daar aan julle kant. As ek gecast het dan druk die wind daai hele bol regs.

Ek het begin oorweeg om my Loomis stokke te verkoop en 2 stokke soos Bruggie en Carp1 aan te skaf, daai Okuma Schalk van Breda Series(Ek hoor daai stokke cast 'n koek skoot) of 2 12 voet Sensation Bazookas.Maar dit sal nie vinnig wees nie, omdat ek baie geheg is aan my huidige stokke.........Net idees.

Naruto ons sal verseker die jaar iewers 'n plan maak om te gaan vis..........

Bruggie lol ek het verlede jaar hopeloos te min visgevang, die jaar gaan ek verseker opmaak daarvoor.Ek hoop van ganse harte dat ek die Koppies Social sal kan maak ;) Gaan my beste probeer.
 

Naruto

Sealiner
Ek dink ons klub het langs jul gesit. So tegnies het ons al saam gehengel. Ekt die dag gewen met 24 vis... Ek moet net by sê dat ons op die maklike deel gevis het.
 

CARP1

Sealiner
Brak,ek weet nou nie van 'n koek skoot cast nie.Bruggie het die 12ft en ek die 13ft.Daar is nie eitnlik 'n verskil in ons afstande nie.Ons albei het ons stokke nou maar eers vir 'n paar maande en leer nog hul tricks.

Dit help ook nie dat ons 99% van die tyd die Vaal hengel nie.Ek kan regtig nie onthou wanneer laas ek regtig vis diep gekry het in Vaaldam nie.Gewoonlik annekseer ek een van die vrou se 10ft Sensation Torpedo's(na hewige argumente...).En ek moet se dat daai 10ft'rs 'n koek skoot gooi.

Oorweeg dit om iewers oor die naweek Vaal toe te gaan en net die 13ft's te hengel.Die idee is om hulle gereeld te gooi en te gaan vir maksimum afstand.As ek oor die vis hengel is dit maar tough.Die idee is net om die stokke te leer.

Sal jou laat weet hoe dit gegaan het.
 

MarvelousMark

Senior Member
Hi Brak..

Ya, by uj was dit dieselfde, ek het die kleinste carp ooit in my lewe gevang omtrent so 6 of 7 cm lank.

ek is ook deur die son gepiets..!

En die vis vang was baaie mooilik.

Ons hat platties in gehaad vir die helle tyd, Sat tot Son, en niks gevang nie..

Maar soos jy gese het a bad days fishing is better than a good day at work..!

Sterkte vogende keer.

Mark.

 
 

Bruggie

Sealiner
Ek dink ek het nou al weer my tune verloor met hulle.WS TE LANKLAAS BY DIE DAM!!

Ek wil kyk of ek nie net vir Sondag Blauuwpan toe kan gaan nie.
 

MarvelousMark

Senior Member
Bruggie

As ek jy was, so ek a plek langs die vaal rivier kry om te kan vis vang..

Het gehoor, dat die ouen's net onder die vaal se wal met skep nette die vis uithaal vant hulle is almal langs die kant, om blykbaar uit die sterk stroom te bly..!

Wolgende keer as dit so reel vind jy my by die vaal rivier...!

 
 

CARP1

Sealiner
As ek reg onthou was daar foto's van verlede jaar toe Vaaldam ook sluise getrek het,van ouens wat in die rivier,op die draai onder die wal,lelike vis (Karpe en Geles) geskep het.En nie een of twee nie,maar honderde.
 
Top