Brakkanjan
Senior Member
My eerste comp in 5 jaar:
Na berigte op die nuus en radio van 80% kans op reen die naweek en vloede in die Rand het ek egter steeds besluit om te gaan hengel. Gegroet by die dam deur hengelaars op 'n koue en kwaai winderige dag is die penne getrek (Ek was natuurlik op my senuwees). Ek dag pak 'n battlebox maar besluit toe om die "Coffin" in te pak net vir ingeval.
Die ouens se ek het n moeilike pen gehad, maar hey -" A bad day at the water is better than a good day at the office".
Ek gooi dadelik M2's omdat die wind baie kwaai waai en die water trek ons lyne na regs. Hengel met my 10 voet sensation stokke, geen karpe nie (Los die 13 voet stokke agter in die bakkie). Verander die een M2 na 'n P2-Vaaldam , laai hom met 1 groot slangwurm op elke hoek en gee 2 lekker spuite GTV op die bol. Amper dadelik word ek beloon met 'n klein babertjie.