LYN??

Strepie

Sealiner
Double X , AwaShima, Alpha Seagrand ek toets nou 'n rol Rovex XTS en sover hou ek baie van die lyn. Het ook een katrol met Maxima Red Chameleon gelaai en die is net so 'n lekker lyn, net duur!
 
Tokkie Potgieter

Senior Member
Strepie wrote:

Strepie, ek stem saam met al die lyne wat jy aanbeveel behalwe ek het die afgelope 2 weke slegte ondervindings gehad met Double X .55mm wit wat gebreek het , nie op die knope nie maar sommer enige plek op die lyn. Ek het dit in Struisbaai gekoop in Januarie 2011 en my lyn sien nooit son nie. My katrolle word toegemaak in neoprene houers en sien net son as ek visvang. Hierdie 2 x 600m tolle was nog onoopgemaak en ek wou dit op my Torium50 en Trini50 sit as top shot.  Toe ek die breek krag toets was dit swakker as die nuwe .50mm KFGA. Ek het 'n e-pos gestuur aan Rapala VMC want ek wil weet hoe lank hierdie lyn moontlik op die rak gelê het voordat ek dit gekoop het. Tot nou toe nog nie 'n antwoord gekry nie.

Met alle redelikheid moet ek ook noem dat ek .40mm DoubleX wit op 'n scratch katrolletjie het wat sterker is as wat ek verwag het. Ek is vies omdat DoubleX ook duur lyn is en ek verwag verduidelikings want ek vertrou hierdie 2 tolle nou glad nie meer nie. Hulle is nog vol en onafgerol en het my R452.00 gekos vir die 2 rolle.
 
Marthin

Sealiner
nout jy my nervous. het double x .52 op my torium gesit. sover gooi dit soos n droom, nog niks groot aangehad nie.
 
Mangi

Sealiner
Suffix Synergy 0.50 & 0.55mm. Yellow.

Very nice line and relatively cheap. Feels exactly the same as the OLD KFGA.
 
mark norval

Sealiner
ALPHA, SEAGRANT lyne is goed en is goed geprys. Meeste winkels sal dit aan hou. Die ISO big game is baie goeie waarde vir geld - 1000m spool teen so R180 .60 . Die lyn werk soos n bom, ignoreer net die KG voorspelling op die pakkie dis over rated maar bly baie sterk! Ek sal die lyn vir eet vis aanbeveel en SEAGRANT vir haaie.

Die eenigste trick met die lyn is dat jy nie enige knoop kan gebruik nie dit trek los of breek. Figure8 en Bemini knope is van jou beste knope en dit moet goed gedoen word met baie spoegies!!!!
 
mark norval

Sealiner
het suburban nie? Ek bring goed af kaap toe vir Enigma volgende week maandag of dinsdag. As jy lyn soek praat met Trophy of KatonkelTom (PE) of Enigma(JHB) hulle sal jou die lyn kan verskaf en ek sal dit af bring, na n winkel in Ottery weet nog nie wat die plek se naam is nie. Lat my weet. Ek sal selfs die lyn gan kry by Trophy tackle den.
 
Strepie

Sealiner
mark norval wrote:

Dit is wat ek ook oorgekom het maar net met een spesifieke spoel. Die ander spoel is klop disselboom.
 
Strepie

Sealiner
Tokkie Potgieter wrote:
Strepie wrote:
Double X , AwaShima, Alpha Seagrand ek toets nou 'n rol Rovex XTS en sover hou ek baie van die lyn. Het ook een katrol met Maxima Red Chameleon gelaai en die is net so 'n lekker lyn, net duur!

Strepie, ek stem saam met al die lyne wat jy aanbeveel behalwe ek het die afgelope 2 weke slegte ondervindings gehad met Double X .55mm wit wat gebreek het , nie op die knope nie maar sommer enige plek op die lyn. Ek het dit in Struisbaai gekoop in Januarie 2011 en my lyn sien nooit son nie. My katrolle word toegemaak in neoprene houers en sien net son as ek visvang. Hierdie 2 x 600m tolle was nog onoopgemaak en ek wou dit op my Torium50 en Trini50 sit as top shot.  Toe ek die breek krag toets was dit swakker as die nuwe .50mm KFGA. Ek het 'n e-pos gestuur aan Rapala VMC want ek wil weet hoe lank hierdie lyn moontlik op die rak gelê het voordat ek dit gekoop het. Tot nou toe nog nie 'n antwoord gekry nie.

Met alle redelikheid moet ek ook noem dat ek .40mm DoubleX wit op 'n scratch katrolletjie het wat sterker is as wat ek verwag het. Ek is vies omdat DoubleX ook duur lyn is en ek verwag verduidelikings want ek vertrou hierdie 2 tolle nou glad nie meer nie. Hulle is nog vol en onafgerol en het my R452.00 gekos vir die 2 rolle.
As ek Double X gebruik, gebruik ek net die liggroen ene. Die gele en witte het my net sulke kopsere besorg.
 
Mike Smith

Techni Purlon blou 0,45mm vir eet vis en 0,55mm vir tanne manne! Sowat R100 vir omtrent so 320 - 350 meter. Baie goed bestand teen rotse en riwwe!
 
hjfr

Senior Member
double x white 12kg fished it for 2 years and struggles to break it when stuck in the bricks.bought double x flourescent 12kg white now.hope it is as strong as the previous one.
 
JasonF

Sealiner
mark norval wrote:
het suburban nie? Ek bring goed af kaap toe vir Enigma volgende week maandag of dinsdag. As jy lyn soek praat met Trophy of KatonkelTom (PE) of Enigma(JHB) hulle sal jou die lyn kan verskaf en ek sal dit af bring, na n winkel in Ottery weet nog nie wat die plek se naam is nie. Lat my weet. Ek sal selfs die lyn gan kry by Trophy tackle den.

Mark I think the shop in Ottery is Suburban!
 
Joker

Senior Member
Dis ma altyd n kopseer as mens moet vislyn koop. So many choices...

XX .42 bly maar vir my die eerste keuse. Nog nooit enige probleme met dit opgedoen nie.

KFGA .50 hi-vis vir sliding. Lekker lyn. Waarde vir geld.

Suffix xl .40 het dit nou gekoop om dit te toets. Prys is reg..

Francois13

Senior Member
waterparra wrote:
Wat koop mens deesdae! Daar is teveel om van te kies. Wat is die beste lyn op die mark?
ek was nog gelukkig om n paar van die ou tolle KFGA te he, maar hulle ook nou klaar, weet nie wat gaan ek volgende opsit ni....????
 
janna

Member
Die 'MEESTER'' se speedspin!!! Ek dink dit is baie goeie lyn vir die prys.

Ek gebruik net Okuma Platinum--het Seagrand probeer,maar kry dit nie gebreek nie--dit rek te veel en is nie lus om ver te loop nie...
 
Top