Kyk ek is al so gatvol as iemand waag om op n visv

Rooibok

New member
BIKS wrote:

Gepraat van die prys van weights "R5" een is nogal heftig so ek het oor geskakel na ou kar batteries of geroeste stukke staal. Die spesie Smesie storie raak nogal duur en meng met my drank geld in , Mens kan mos nie nugter langs die water sit nie.[/quote]

ou brakepads werk ook lekker
 

HennieB

Sealiner
https://www.google.co.za/search?q=there%27s+no+cure+for+being+a&rlz=1C1CHMO_enZA613ZA613&espv=2&biw=1920&bih=971&source=lnms&tbm=isch&sa=X&ved=0ahUKEwjV0q2F1rbOAhXsB8AKHXTgCpEQ_AUIBigB#tbm=isch&q=there%27s+no+cure+for+being+a+cunt
 

Boss Wit NOS

Sealiner
HennieB wrote:
https://www.google.co.za/search?q=there%27s+no+cure+for+being+a&rlz=1C1CHMO_enZA613ZA613&espv=2&biw=1920&bih=971&source=lnms&tbm=isch&sa=X&ved=0ahUKEwjV0q2F1rbOAhXsB8AKHXTgCpEQ_AUIBigB#tbm=isch&q=there%27s+no+cure+for+being+a+****


((goodp_

;);););););););)
 

willem wikkel spies

Moderator
Staff member
HennieB wrote:
https://www.google.co.za/search?q=there%27s+no+cure+for+being+a&rlz=1C1CHMO_enZA613ZA613&espv=2&biw=1920&bih=971&source=lnms&tbm=isch&sa=X&ved=0ahUKEwjV0q2F1rbOAhXsB8AKHXTgCpEQ_AUIBigB#tbm=isch&q=there%27s+no+cure+for+being+a+****

Nee man!!!
Kom nou.

Dit help nie n mens raak persoonlik nie.
spreek die problem aan, nie die person nie.
 
Meer as 400 views, n paar kinderlike aanvalle en beledigings. Maar nie een teenargument teen my stellings of eers n verdediging nie?

Ja my camo inskrywing was n sarkastiese antwoord op n ander een wat niks meer intelligents verdien het nie.

Het niemand iets waardevol in teenstelling nie? Hoekom moet daar n ander rede vir my topic wees? Gryp julle na grashalms en soek n angle om my aan te vat, want huidiglik.het julle nie een. Die eerste inskrywing en rede.vir die.inskrywing is mos duidelik.

Hierdie is iets om te bespreek, die beledigings gly van my af soos n grasbol van n karp se lyf as hy die water tref.
 

LCF

New member
Die "voer" ding is afgehandel, die leads ding is afgehandel en verduidelik, die carp care ding is mos nou verduidelik so dat die vis tot die uiterste beskerm moet word na dit op die bank is. Weni wie jou afgep@s het op FB nie maar moenie na die terugvoer verwys as kindelik of so nie. Jy het jou punt en baie van die ande manne het hul punt. Post die FB ding sodat ons kan sien wat aan gaan. Help ons sodat ons jou kan help
 

LCF

New member
Die "voer" ding is afgehandel, die leads ding is afgehandel en verduidelik, die carp care ding is mos nou verduidelik so dat die vis tot die uiterste beskerm moet word na dit op die bank is. Weni wie jou afgep@s het op FB nie maar moenie na die terugvoer verwys as kindelik of so nie. Jy het jou punt en baie van die ande manne het hul punt. Post die FB ding sodat ons kan sien wat aan gaan. Help ons sodat ons jou kan help
 

mrcricket

Member
LCF wrote:
Die "voer" ding is afgehandel, die leads ding is afgehandel en verduidelik, die carp care ding is mos nou verduidelik so dat die vis tot die uiterste beskerm moet word na dit op die bank is. Weni wie jou afgep@s het op FB nie maar moenie na die terugvoer verwys as kindelik of so nie. Jy het jou punt en baie van die ande manne het hul punt. Post die FB ding sodat ons kan sien wat aan gaan. Help ons sodat ons jou kan help

Spot on...
 

mrcricket

Member
HennieB wrote:
https://www.google.co.za/search?q=there%27s+no+cure+for+being+a&rlz=1C1CHMO_enZA613ZA613&espv=2&biw=1920&bih=971&source=lnms&tbm=isch&sa=X&ved=0ahUKEwjV0q2F1rbOAhXsB8AKHXTgCpEQ_AUIBigB#tbm=isch&q=there%27s+no+cure+for+being+a+****

((goodp_
 

Fishpaste

Sealiner
Ek geniet alle facets van vis vang...papklap, spesie, Vlieg, see, kunsaas, wat ook al...maar een ding is verseker. Elke sport het sy besering! Ja daar is manne wat dink om n groot vis te vang maak Hom n expert...en Ek praat van enige groot teiken spesie en nie noodwendig Karp nie! Dit is ongelukkig daai man se probleem.
Ek stem tot n grootmate saam net Van Damme met sy raised points maar Ek as n spesie hengelaar kyk ook na die post as n uitlokking. Ek dink ons almal Moet vir elkeen n plekkie onder die son gun. Ek verstaan dat spesie hengelaars jou kan uithaal oor how jy die vis vashou as om Vir jou geluk te wens met n mooi vangs. Dit is seker maar jaloesie maar een ding is verseker, ons is almal baie passievol oor ons sport en Wil dit bewaar Vir ons kinders. Ons is almal tog maar mens of how?
Ek dink almal Moet refrain van comments want die is nie enigsins n waardevolle inset nie en Laat almal soos poepholle lyk. Geniet die vis vang manne en los die handsak swaai alleen. Die Visse loop daarbuite.


::tight:
 

LCF

New member
Fishpaste!!! Well said! Gooi biki n pic van dai vis asb. Stunning gewig, se vir hom baie geluk
 

willem wikkel spies

Moderator
Staff member
Fishpaste wrote:
Ek geniet alle facets van vis vang...papklap, spesie, Vlieg, see, kunsaas, wat ook al...maar een ding is verseker. Elke sport het sy besering! Ja daar is manne wat dink om n groot vis te vang maak Hom n expert...en Ek praat van enige groot teiken spesie en nie noodwendig Karp nie! Dit is ongelukkig daai man se probleem.
Ek stem tot n grootmate saam net Van Damme met sy raised points maar Ek as n spesie hengelaar kyk ook na die post as n uitlokking. Ek dink ons almal Moet vir elkeen n plekkie onder die son gun. Ek verstaan dat spesie hengelaars jou kan uithaal oor how jy die vis vashou as om Vir jou geluk te wens met n mooi vangs. Dit is seker maar jaloesie maar een ding is verseker, ons is almal baie passievol oor ons sport en Wil dit bewaar Vir ons kinders. Ons is almal tog maar mens of how?
Ek dink almal Moet refrain van comments want die is nie enigsins n waardevolle inset nie en Laat almal soos poepholle lyk. Geniet die vis vang manne en los die handsak swaai alleen. Die Visse loop daarbuite.


::tight:

goed gestel. dankie.
yip kom ons gaan hengel en ons los die visvang vir die bier drinkers by die huis
 

Stiff_Rig

New member
Hello Jean Claude Vaaldamme,

Aangesien ek nie Afrikaanssprekend is nie gaan ek van die begin af omverskoning vra vir begrips- en spelfoute.

En om dit nog meer eeenvouding vir jou te maak gaan ek jou "punte" een vir een aanspreek.

1. Kom ons begin sommer by hulle benaming vir die "sport". Spesiehengel? WTF? Onder spesie verstaan ek verskillende spesies word geteiken. As jy net kyk hoe vet indringer vis(karp) jy kan vang, los dan maar die fancy naampies en noem jou sport by die naam..... Vet Japsnese uitheemse vis hengel en vertroetel.

Die woord "sport" is n wye term wat baie sportsoorte insluit, soos bv toutrek is ook 'n sport. Jukskei is ook n "sport"...al het die naam jukskei niks te doen met wat eintlik beoefen word nie?

2. Ek meen is jy nie veronderstel om uitheemse vis uit te haal en dood te maak nie? Is dit nie meer n wet nie? Maar nou moet ons hulle vertroetel en n pleister plak as hy dalk bloei. Wat se skade doen daai vis wat jy so vertroetel en beskerm aan die habitat van ons inheemse spesies? Maar daar word heeldag geskree Carp care?

Die wet se wel n mens moet indringer visse uithaal...maar daar is soveel honderde miljoene indringer visse in ons land dat ons NOOIT van hulle sal ontslae raak nie...so om van die grootstes te 'vertroetel en beskerm' en daardeur by te dra in n klein manier tot die ekonomie is "a small price to pay" teenoor die hope geld wat dit gaan kos om te probeer om indringer visse uit te wis.

3.Nou kom ons vat die beginsel dat ons moet kyk na ons ou karpies en hulle soos goud behandel. Ek sien sommige van die spesie kompetisies kan jy tot 400kg voer ingooi. Huh? Wat de hel gaan gebeur as elke deelnemer 400kg voer ingooi? Word sogenaamde Carp care of fishcare toegepas? Is daar ooit studies gedoen oor inpak op water, ander spesies en self op die karp, as daar so baie voer heeldag in damme geggooi word. En ja dit is nie net kompetisies nie, ek hou hierdie manne dop lang die water, hoe baie voer hulle links en regs deesdae in al ons damme gaan strooi.

Ek gaan nou ook bietjie veralgemeen...eerstens is hierdie "kompetisies" wat jy van praat by ver in die minderheid teenoor wat deur die meeste spesie hengelaars beofen word...en tweedens neem hulle plaas in van ons grootse damme...en ek hoef nie vir jou te se hoeveel miljoene, nie net karpe nie, maar ook babers, modderbekke ens. daar in die damme is nie. So om te dink dat n paar tonne voer die visse gaan benadeel is amper belaglik want van daai voer het nogals n redelike voedingswaarde...en jy het geen manier om uit te werk hoeveel visse daar eintlik is nie...en hoeveel elke vis daarvan sal inneem nie. Werk bietjie uit ongeveer hoeveel visse dit sal vat as hul elkeeen 100g eet om die 400kg, wat elke deelnemer miskein gaan voer, klaar te maak...

4. En dan praat ons nie eers van al die onnatuurlike goed wat n hierdie voer gegooi word nie. Elke ou kan sy eie boillies maak en enig ding daarin gooi wat nooit natuurlik naby die dam en in die vis se voeding sou gekom het nie, maar hulle skree Carp care?

Die algemene prinsiep van n boilie is op die koi voer-industrie gebaseer...so om te se dat elke ou "enige ding daarin gooi" is n baie groot veralgemening. Die feit is dat bitter min van die boilie bestandele giftig of gevaarlik is vir karp..of enige vis nie. Die een uitsondering is particles wat nie behoorlik voorberei is nie...en ek glo nie daar is baie ingeligte spesie hengelaars wat dit sal doen nie.

5. Kyk net die fotos van die rekord karpe, die goed se maag is so dik gevreet, hulle kan seker skaars meer swem. Carp care? Daai fotos sien jy net agv van spesiehengel wat tonne voer gooi. Net soos jou dokter jou gaan vertel jy gaan nie lank lewe as jy so dik is nie, so gaan jou veearts ook se jou hond gaan nie lank lewe nie en ook baie ander probleme ontwikkel, so ook enige ander dier/vis. Maar hulle skree Carp care?

Weerens n veralgemening. 99% van daai fotos is almal oorsee geneem...en hulle is meestal afkomstomstig van kommersiele sindikate...Dit is n feit dat tenspyte van die hoeveelheid voer wat daai visse ineem hulle wel 30 - 40 jaar leef...wat nogals besonders is. Laat ek dit so stel. Wat is die gemiddelde lewensduur van nie net n karp nie...maar ook van n inheemse vis in ons besoedelde waters?

6. Dan praat ons nie eers van die plastiek mielies, polstyrene en ander goed wat in die pop up boillies ens gesit word nie, Carp care?

Eerstens vreet karpe nie noeminswaardige hoeveelhede plastiek mielies nie...dis net hookbaits...tweedens is daar nie polystyrene in pop ups nie maar wel mikro glas sfere...en ja nou en dan sal hulle miskien een insluk...en dan met hul tande vermorsel. Karpe neem ook klippe, stokkies, skulpe en selks krappe in...sonder enige nadele.

7. Kyk en as jy nou meer belaglikheid wil sien oor hierdie sogenaamde sport, gaan bietjie na hierdie spesie damme toe. Ek was nou al by twee. Sulke selfgemaakte dammetjies kleiner as n rugbyveld soms sommer halwe rugbyveld. Dan vertel jy al jou pelle jy het n 18kg karp gevang. Maar jy vertel hulle nie dis n klug nie. Dat dit n klomp vetgevoerde visse is, presies dieselfde as geblikte leeus. Ek het n 12kg uitgetrek by een van die plekke en hy het minder baklei as n 2kg vissie in die rivier, jy sleep net die ding uit, neem n foto en sit terug dat die volgende ou hom maar kap. Wie fool jy? Is dit wat jy n sport noem? Is dit iets om oor trots te wees?

Hier stem ek tot op n mate saam, 'gemaakte' spesie damme is nie vir my nie...maar om te se dat een 12kg vis n hele dam se visse verteenwoordig is ook belaglik.

8. Kyk gun elke ou sy plesiertjie, maar hou op om hoogheilig te probeer wees, jy doen dalk meer skade aan die vissie as die ou wat hom op die gras neersit.

"Carp care"gaan meer oor menslikheid en etiek as enige iets anders...en deur dit te beoefen is eintlik n teken van respek vir die natuur en wat deur ons Skepper voorsien is.

Groete.
 
Stiff Rick. Aangesien jy byna die enigste een is wat probeer het om te verduidelik op n beskaafde, intelligente manier, selfs met die woord belaglik so paar keer, sal ek probeer om dieselfde respek te toon.

1 Jukskei, mens gooi n skei, engels yokes. Ek vat nou n wille raai, maak ek dink dit stam dalk af van yokeskei?

2 Ek sien jy beaam dat indringer vis volgens wet verwyder moet word. So sonder enige ander verskonings, kan ons aanvaar dat n ou wat nie carp care toepas, meer in lyn met die wet is as iemand wat dit toepas. Dusons hoef die punt nie verder te bespreek nie en ouens kan ophou skree carp care.

3 Jou argument oor voer wat alles geeet word. By n kleuterskool kry die kinders gebalanseerde kos elke dag. Ek kan elke dag 20kg koek en sweets daar gaan aflaai en sonder toesig gaan hulle dit alles opeet. Selfs hulle gesonde kos los vir die sweets. Jou argument is dieselfde. Evolusie het bepaal dat sekere visse en diere oorleef en ander nie. Die natuurlike ks in die waters gee hulle n gebalanseerde dieet,aldan nie vrek hulle.
Meer kommerwekkend is jou stelling dat BITTERMIN bestandele is giftig of gevaarlik, ek sou hoop dat carp care ouens eerder sou se GEEN.

Maar kom ons los die punt en vat die aanvaarding alles is eetbaar vir karp. Ek gaan terug na die kleuterskool. Alles in koekies en sweets is ook mens vriendelik en verskaf baie voedingswaarde. Maar is dit n gesonde dieet? Enige ou kan nie sommer net kom claim, dat daar geen nadele is nie, sulke studies sal jare vat om te doen, om werklike resultate wetenskaplik te kan wys. Dus as jy nie wetenskaplike bewyse het nie, can jy nie carp care skree nie.

Enige oorgewig mens/dier is ongesond en nadelig. Of hy nou 40 jaar leef is geen punt. Wie se hy kon nie dalk 100 jaar geleef het nie? En natuurlik groter en gesonder geword het nie, snder die inmenging vam die voer?

4 Ek is seker jou kind gaan nie doodgaan as jy hom n stuk plastiek voer nie. Sal jy hom elke week n stukkie voer? Weereens kan geen nadele nie net ge claim word nie. Dit sal jare se studies vat.

5 Ek het nog geen verduideliking gehoor oor die lood wat so gestrooi word in die waters nie.


So my punt bly, jy kan nie vir een ou wil skree carp care, terwyl jyself ook iets doen wat nadelig is of dalk nadeliger is nie. Gun elke ou sy plesiertjie, en hou op skynheilig wees.

Die rede vir die topic? Niemand het my nog ooit hier of facebook uitgewys of aangeval oor n foto of carp care. Maar daagliks ander mense. Jy hoef nie ver te soek nie, lees maar sommer ou topics op hierdie forum.

So die rede? In die vervolg wat ek iemand sien skree carp care, verwys ek hom na hierdie topic, dan kan hy sy innocense met feite kom pleit.

Ps jy kan maar engels tik, ek is seker ek sal verstaan
 

Fishpaste

Sealiner
Jean as jy n valid fishing license het en jy fish n venue waar jy jou vis mag neem dan het jy die grootste reg om met hom te maak wat jy wil. Skop hom terug in die dam in of gooi die vis in die bos...jy kan met hom maak soos jy smaak soos ek gewoonlik se. Karp, bass, graskarp, kurper, baber etc. dit maak nie saak nie!

So n gedrag "portray" sleg en maak ongelukkig net n slegte indruk en daar sal altyd mense wees wat jou sal uit wys! Elke person moet maar binne himself kyk en besluit wat hy/sy wil maak...ons ouers het ons probeer reg groot maak en ons probeer ons kinders reg groot maak...wat hulle eendag maak is up to them.

Daar is mos daai gesegde wat se jy kan die perd tot by die water bring maar jy kan hom nie maak drink nie...

Soos ek gese het, ons vissermanne is almal baie passie vol en partykeer miskien net te passie vol ja!

Oor die leads in die water...ja...dis al bespreek hier op sealine en ander forums en ongelukkig is daar geen studies en dit sal jare en geld neem om die research te doen. Op die oomblik is daar baie meer pressing matters wat n dadelike invloed op ons diere/visse het soos besoedeling, chemicals, raw sewage, illegal gill netting, grond erosie, droogte etc etc.
 

Fishpaste

Sealiner
Dis nie net "spesie" manne wat sterk voel oor fish safety nie... http://sealine.co.za/view_topic.php?id=104025&forum_id=32
Selfs baie papgooi manne include nou al "landing mats" en rubber nette.
 
Top