Die eerste syfer is die lyn se breekkrag in 'pounds' (Lbs) en die tweede is die lengte lyn in 'yards' (Yrd) wat jy met daai dikte lyn op jou spoel behoort te kry. Onthou dit is geskate syfers omdat die verskillende brands se lyn dikte verskil.10-300 12-265 16-170 20-120
Dus lees dit:
- 10 lbs (4.53 kg) breekkrag 300 yds (274 meter) lyn op die spoel.
- 12 lbs (5.44 kg) breekkrag 265 yds (242 meter) lyn op die spoel.
- 16 lbs (7.25 kg) breekkrag 170 yds (155 meter) lyn op die spoel.
- 20 lbs (9.07 kg) breekkrag 120 yds (110 meter) lyn op die spoel.
Jy kan dus dit terug werk na jou 7 lbs waarvan jy praat en jy kan dan sien jy sal omtrent 100 meter by kry so ons maak dit 400 meter max op jou spoel met 7 lbs lyn. Dis hoekom ek sê 600 meter is WYD. Ek kan nie die laaste foto duidelik sien nie so ek weet nie wat is sy breek krag nie.
