Brakkanjan ek gaan 'n kans waag en jou antwoord want ek dink dieselfde reels op katrolle geld vir vars sowel as soutwater.
Ja die maak van 'n katrol speel beslis 'n rol.
gebruik die voorbeeld
neem 2 identiese grootte baitrunners( 2 verskillende make), laai altwee met dieselfde dikte lyn, selfde stok, selfde gewig ens alles dieselfde.
Nou sal mens se jy behoort dieselfde afstand met altwee te kry.
Nee, bestudeer nou die katrol (vergeet bearings, ratios ens - ons praat gooi), kyk na die spoel,
Is die hoek waarmee die lyn die spoel verlaat dieselfde (taper) --- hoe skerper die hoek hoe minder wrywing teen die spoel rand
Is die lengte van die katrol "mount' dieselfde lengte as die ander. -- maak 'n verskil hoe egalig die lyn die eerste oog van die stok bereik - wrywing
Is die een spoel se rand so glad soos die ander--- weereens wrywing
Rol die een katrol die lyn so gelyk op as die ander -- hoe gladder die lyn die spoel verlaat hoe minder die wrywing
Indie alles op die 2 katrolle dieselfde sou wees en net die wrywing verskil behoort die maak met die minste wrywing die verste te gooi.
Ek sou se centrepin --- omrede die spoel omtrek groter is en met elke draai meer lyn vrygelaat word, meer lyn teenoor minder wrywing
( die laaste is net wat ek dink)