Katrol se invloed op casting afstand

Skuimkop

Sealiner
10-300 12-265 16-170 20-120
  Die eerste syfer is die lyn se breekkrag in 'pounds' (Lbs) en die tweede is die lengte lyn in 'yards' (Yrd) wat jy met daai dikte lyn op jou spoel behoort te kry. Onthou dit is geskate syfers omdat die verskillende brands se lyn dikte verskil.

Dus lees dit:

- 10 lbs (4.53 kg) breekkrag 300 yds (274 meter) lyn op die spoel. 

- 12 lbs (5.44 kg) breekkrag 265 yds (242 meter) lyn op die spoel. 

- 16 lbs (7.25 kg) breekkrag 170 yds (155 meter) lyn op die spoel. 

- 20 lbs (9.07 kg) breekkrag 120 yds (110 meter) lyn op die spoel. 

Jy kan dus dit terug werk na jou 7 lbs waarvan jy praat en jy kan dan sien jy sal omtrent 100 meter by kry so ons maak dit 400 meter max op jou spoel met 7 lbs lyn. Dis hoekom ek sê 600 meter is WYD. Ek kan nie die laaste foto duidelik sien nie so ek weet nie wat is sy breek krag nie.
 

Simen

Sealiner
Jake the Snake wrote:
Ek mag dalk nou anal of sarkasties klink maar maak dit nou regtig saak oor watter katrol by jou stok pas en watter nou nie by jou stok pas nie?.....::rofl:

Aai manne...so...wat julle manne nou vir my se is dat as die XTEA shimanos by my stok pas moet ek hulle gaan koop ten duurste instede om nou `n relatiewe goed koop outjie soos `n spinner tactics of `n WAFT katrol te koop.....Nee manne ek weet darem nou nie....
Daar is wel `n paar katrolle wat spesific gemaak is vir spesifieke doelle soos bit pit's en so aan maar oor die algemeen is meeste van die baitrunner gemaak om by enige oewer hengel stok te pas. So nee as jy dink om oor te gaan na baitruner toe Wykie is die shimanos definitief the way to go. Ek het vir my twee GTE 8000C's gekoop en is glad nie spyt daar oor nie

Ek dink wel wat saak maak is die manier hoe jy jou lyn jou spool sit. Dis definitief waar jy gan afstand verloor as jy dit nie reg doen nie... en ja ek stem 100% saam met Simen dit het al te doen met friction. Maar daar is wel `n paar tricks of the trade wat `n mens daar kan doen. Soos byvoorbeeld om jou leader knope so klein as moontlik te maak en deur dat waneer jy jou leader op rol seker te maak dat die eind punt van jou leader aan die onderkant van jou spool is as jy dit oprol.....ens.

Ek dink wel dat ek die polish ding probeer klink na goeie raad daai en as `n mens dit nie gaan probeer nie sal jy nooit weet nie!

Nee wat, dis darem nee heeltemal so eenvoudig en ingewikkeld nie, ek se nie jy hoef die duurste te koop nie.

Dink net so daaraan, jy sal nie baie ver kan gooi as ek my seekatrol op jou varswater 14vt sit nie, en seker ook andersom.

Probeer net om met bestaande gerei (bv sou jy 'n meul tipe katrol bebruik) die eerste ogie op jou stok na 16mm verklein, met jou gerei gaan jy jou tone stukkend gooi.

Probeer om 50lbs braid met jou baitcaster te gooi.

Probeer 'n 10oz sinker met jou 11vt karp killer te gooi

Dit gaan eenvoudig nie werk nie.

Balanseer jou gerei, soos sekere lyn beter op sekere spoele pas, pas sekere katrolle op sekere stokke.

Klein detail lei tot klein verbeterings en saam maak dit 'n verskil.
 
Top