Island Shores

Catch-On

New member
Hi

wil net weet of iemand dalk onlangs by Island Shores was??

ek wil die naweek bietjie daar gaan hengel.....

was nog nooit by Island Shores nie so enige inligting welkom....

is dit veilig om daar te kamp?

wat kos dit?

is daar krag punte?

ek wil die kano saam vat en bietjie diep hengel ook.

dankie en happy days!!

:kaykak

 

 
 

Catch-On

New member
Ek het so bietjie rond gesoek op die "search machine".........

Het baie inligting gekry, Thanks Naruto.

Sien julle het ook al 'n groot byeenkoms daar gehad....

Ek gaan probeer om vroeg die oggend te ry sodat ek kan kamp opslaan daar by die bome.

Wat ek wel nog probeer soek op die "search machine" is of daar krag punte langs die water is en of dit dam veilig is om daar te kamp??

:fishn

 
 

Naruto

Sealiner
Baie veilig, maar nie kragpunte. Bel hul om uit te vind oor kostes ens. Ek weet daar is ablusies met warm water.
 

Catch-On

New member
Dankie Naruto

Sal oom Eddie bel en uitvind van die kostes....

hoop die weer gaan saam speel en dat dit dam so bietjie warmer sal wees.

:SSS

 
 

Catch-On

New member
Naruto

jy het nie dalk vir my 'n ander nommer vir Eddie of iemand anders daar nie ne??

ek het altwee die nommers probeer maar kom nie deur na hom toe nie.

073 106 6704

083 887 7420

 
 

Catch-On

New member
Daarsy ek het toe reg gekom, thanks Naruto....

Tel nommer : Eddie 083 887 7420

R20 per persoon

R30 per motor

R40 per tent as jy kamp

Kom ons hoop die gaan 'n goeie hengel naweek wees.

Sover is al die planne nog daar....

Sal 'n report plaas as dinge reg afloop.

:fishn
 

Catch-On

New member
Daarsy.....

Was die naweek by Island Shores.

Die weer het mooi saam gespeel en ons het 'n baie lekker staan plek gekry.

Die visse was maar bietjie skaars gewees, die water is seker maar nog bietjie koud.

Het so paar klein geelvisse gevang met degie en bunspice dip, asook degie met 'n erdwurm.

Dan het my Pa ook 'n mooi 4.68kg common karp gevang met chickpeas en peanut.

Ons het die lyne met die chickpeas seker so 150-200m of so in gevat.

Ons het iets van als probeer :

1) Degie met floaties (Bunspice Spray en dip) - gereeld aksie gekry

2) Erdwurms met degie - ook gereeld aksie gekry

3) Krieke - een keer gebyt

4) Krappe - dood stil gele die hele dag en nag

5) Chickpeas en peanut - mooi 4.68kg Common Karp 

6) Tigernuts - niks

Hoop die visse byt bietjie beter as dit nou eers somer is.

Die oord self kort so bietjie aandag hier en daar maar anders is dit 'n baie lekker plek en veilig ook.

Daar is meer as genoeg spasie vir almal.......

Lekker bome aan die regter kant, gras tot teen die water, braaiers, plek om lekker vuurtjie te maak in die aand. Skoon toilets en plek waar mens kan gaan shower met warm water.

Daar is selfs 'n klein winkeltjie met die nodige goed, soos hout, koeldrank, ens....

Die plek laat my baie dink aan Jim-Fouche.

Sal definitief volgende maand weer 'n draai daar gaan maak.

Sodra ek die fotos van die kamera afgelaai het dan sal ek dit op Sealine plaas.

Dankie Naruto en Sealine vir al die inligting.

Groete en Stywe Lyne

:fishn

 
 

Stoutgat 1

New member
Dagse mense

Passop net daar by island shores ek het daar gevang, maar ek weet nie wat ek daar gevang het nie ek weet net ek moes dorp toe ry om nog hoeke en aller handse goed" spoedniks" te gaan koop 'n mens sit ongelooflik vas.  vat my raad ek vang glad nie meer by island sonder om 'n paar ou vonkproppe saam te vat nie" sparkplugs"  het nog nooit weer vas gesit met die sparkplugs nie hahahah die wat wil lag moet lAG MAAR DIT WERK SOOS 'N BOM!!!!!!

LEKKER DAG
 

Catch-On

New member
Dagse Stoutgat

waar het jy vasgesit??

ek het maar Naruto se raad gevolg en regs onder die bome gaan tent opslaan.

nie een keer vasgesit nie. voel net bietjie hakkerig as jou strop voorlangs kom.

 

 

 
 

Naruto

Sealiner
regs van die t-aansluitings soos mens afry water toe tot by die jetti is beste. Links is glad nie lekker hengel nie.
 

Catch-On

New member
Nes jy se Naruto....

Ek dink daar gaan nog groot karps daar uitkom.

As mens net genoeg tyd langs die water spandeer en mooi weer het.

Ek dink ook die plek het eintlik baie potensiaal.........

Weet iemand dalk hoe lank is Island Shores noual oop vir hengel???

En wat die toekomstige planne is, gaan hulle hom later dalk omskep in iets soos Jim-Fouche of behoort die gronde maar nog aan UJ??

 
 

Stoutgat 1

New member
Hi julle.

jammer vir die laat reply ouens.  ons staan gewoonlik so regs van die oor da waar i paar bome in die water is , het so regs van hulle gestaan en sowaar het ons nogsteeds vas gesit, maar soos wat julle se ek sal maar HEELTEMAL regs staan verby daardie "water bome" en kyk wat ons dan reg kry.

 
 

Naruto

Sealiner
So ver ek weet is hy seker nou al amper 2 jaar oop. Ons het laas jaar n social/kliniek daar gehad saam met Enigma. Was baie leersaam en pret.
http://www.sealine.co.za/view_topic.php?id=36675&forum_id=80
Go check out the last few pages for reports and pics.
 
Top