Daarsy.....
Was die naweek by Island Shores.
Die weer het mooi saam gespeel en ons het 'n baie lekker staan plek gekry.
Die visse was maar bietjie skaars gewees, die water is seker maar nog bietjie koud.
Het so paar klein geelvisse gevang met degie en bunspice dip, asook degie met 'n erdwurm.
Dan het my Pa ook 'n mooi 4.68kg common karp gevang met chickpeas en peanut.
Ons het die lyne met die chickpeas seker so 150-200m of so in gevat.
Ons het iets van als probeer :
1) Degie met floaties (Bunspice Spray en dip) - gereeld aksie gekry
2) Erdwurms met degie - ook gereeld aksie gekry
3) Krieke - een keer gebyt
4) Krappe - dood stil gele die hele dag en nag
5) Chickpeas en peanut - mooi 4.68kg Common Karp
6) Tigernuts - niks
Hoop die visse byt bietjie beter as dit nou eers somer is.
Die oord self kort so bietjie aandag hier en daar maar anders is dit 'n baie lekker plek en veilig ook.
Daar is meer as genoeg spasie vir almal.......
Lekker bome aan die regter kant, gras tot teen die water, braaiers, plek om lekker vuurtjie te maak in die aand. Skoon toilets en plek waar mens kan gaan shower met warm water.
Daar is selfs 'n klein winkeltjie met die nodige goed, soos hout, koeldrank, ens....
Die plek laat my baie dink aan Jim-Fouche.
Sal definitief volgende maand weer 'n draai daar gaan maak.
Sodra ek die fotos van die kamera afgelaai het dan sal ek dit op Sealine plaas.
Dankie Naruto en Sealine vir al die inligting.
Groete en Stywe Lyne
:fishn