Yes manne, ek het gehengel reg langs die eerste jetty. Ek het die hele dag nie eenkeer gehaak nie maar wel so paar vis verloor baie naby aan die kant. Van die seuns wat reg langs die jetty gesit het, het wel een of twee keer gebreek. Ek het nie een strop verloor nie.
Die plek is mooi skoon, asblikke orals. Ek sal in die somer my tent bietjie kom opslaan daar verseker.
Een van die seuns het baie vis gevang met Bloutrein mielies. Klein karpe het gebyt selfs op hoeke met 3 pitte.
Ek hengel altyd met 'n kort denim broek. Ek kan dinge soos my mens aan my belt vassit of my leattherman. Die sakke voor en agter is altyd welkom veral omdat ek los is met 'n beursie/foon/sleutel. Ek het hom ook getoets en haak nie so kwaai vas in die wader nie. Ek gaan hengel nooit met 'n langbroek nie. Ek sal wel 'n lang reenjas broek en baadjie dra.
Vir die ouens wat die naweek gaan hengel, ons het kwaai reen weer gehad in sulke kort buie en dis baie koud in die aand. Die wing het kwaai gewaai ook die afgelope paar dae.
