Island Shores

Brakkanjan

Senior Member
Ek het met so paar leerlinge by die skool vertrek by 6 uur se kant en was heel rustig. Die eerste stokke dink ek was so by 7 uur in, my stokke eers later omdat ek moes help met hoeke ens.

Wat 'n pragtige dag was dit nie! Veral nadat daar reen voorspel is.
 

Attachments

  • S5002264.JPG
    S5002264.JPG
    39 KB · Views: 176

Brakkanjan

Senior Member
Marthinus van Zyl het letterlik onder die vis ingeklim, hierdie was die grootste muddie van die dag. Ek dink hy het by die 22 vis gevang.

Sy taktiek was as volg:

  • Stevenson Plain Mieliebom. Hierdie bom was baie fyn gewees maar bind verskriklik goed. Jy kan hom hard cast hy gaan nie af nie. [/*]
  • Ligte TCP degie of kerrie degie, hy het ook 'n vla-degie gebruik. [/*]
  • Sy gooi afstand skat ek om en by 50 meter[/*]
  • Rietvlei strop is gebruik[/*]
 

Attachments

  • S5002248.JPG
    S5002248.JPG
    41.5 KB · Views: 177

Brakkanjan

Senior Member
Die vis wat ek gekry het, was baie kleiner gewees en ek het slegs 4 geland. Ek het 3 verloor reg op die kant.

My strategie was as volg:

  • Gooi afstand met die 10 ft bazooka's gegooi +- 90 tot naby 100m [/*]
  • Plain degies of heuning-custard bruinbroodjie [/*]
  • Caramel Mallows / Honey Mallows (Almal Stevenson reeks)[/*]
  • Ek het Spuercast se plain voer gebruik met die sirkeltjie en kolletjie. Later het ek custard-poeier en molasse bygemeng en toe het ek 3 vis gevang.
Konsentrate wat vis gegee het:
[/*]
  1. Almond (William Petrie )en Dr. T Green (Supercast)[/*]
  2. Almond William Petrie ) en Pink Sweets (William Petrie )[/*]
  3. Rampokker se Vaaldam mix en Dr. T Green (Supercast)[/*]
  4. Devils Fork (Supercast) en Pink Sweets (William Petrie )[/*]
 

Attachments

  • S5002253.JPG
    S5002253.JPG
    33.1 KB · Views: 176

Brakkanjan

Senior Member
Hierdie Karp is 2 stands weg van ons gevang met 'n floatie en die hengelaar wat hom gevang het, het die lyn +- 130 meter ingeneem. Daar was merkers in gewees.
 

Attachments

  • S5002262.JPG
    S5002262.JPG
    108.2 KB · Views: 175

Brakkanjan

Senior Member
My skoolhoof het probeer wegkruip vir die karp en ek glo dat hy redelik sukses daarmee behaal het.

Daar was 1 stok in met 'n fillet, maar die stok het die hele oggend nie geroer nie.

Dit was regtig lekker, al was die seuns met tye bietjie besig gewees. As ek weer UJ aanpak dink ek dat ek sal oorslaap en kyk wat gebeur.

Sommige tye het die wind lekker opgesteek en dan eweskielik het dit koud geword. Net so rukkie daarna was dit weer redelik warm gewees.


Die oewer was nie so besig gewees nie.
 

Attachments

  • S5002252.JPG
    S5002252.JPG
    72.7 KB · Views: 176

Waldok

Senior Member
Het julle vasgehaak daar brakkie? UJ het lekker water, maar ek weet nie hoe lyk die "lyn besoedeling" daar nie.
 

(victor)

New member
hi daar,

wat dink julle manne, waar moet ek gaan hengel, island shores of kolledge plaas.

ek was n ruk trug by island shores, baie klein carps en muddies gevang.

ek het nie n boot nie, waar is beter om van kant te gooi, ek gooi seker so 70m.

anymore tips...

 
 

Naruto

Sealiner
Hi Victor! Welkom. Island Shores is nice, want dit word vinig redelik diep. Ek dink dis iets soos 6m op 80m. As die kleiner vis pla kan jy altyd oorskakel na degies (sonder enige floaties). Of mielies. Probeer sterker geure soos Duiwelsdrek(Lennons) of Vicks. Om die geelvis en muddies weg te hou kan jy so eetlepel sout in jou grondvoer inmeng. Ek gooi 1kg mielierys by 2kg mieliebom. Die swaarder mielierys gaan le op die bodem en die kleiner vis kan dit nie so lekker opsuig nie. Dit gee die groter vis kan om in die kol in te beweeg en ook ietsie te kry om te eet. Hoop dit help...

Stywe lyne!

PS: Het nog nooit by Kollege Plaas gevang nie, so ek kan nie se hoe die hengel daar is nie. Ander opsies is Jim Fouche, Boschkop, Deneysville Hengeloord.
 

Brakkanjan

Senior Member
Yes manne, ek het gehengel reg langs die eerste jetty. Ek het die hele dag nie eenkeer gehaak nie maar wel so paar vis verloor baie naby aan die kant. Van die seuns wat reg langs die jetty gesit het, het wel een of twee keer gebreek. Ek het nie een strop verloor nie.

Die plek is mooi skoon, asblikke orals. Ek sal in die somer my tent bietjie kom opslaan daar verseker.

Een van die seuns het baie vis gevang met Bloutrein mielies. Klein karpe het gebyt selfs op hoeke met 3 pitte.

Ek hengel altyd met 'n kort denim broek. Ek kan dinge soos my mens aan my belt vassit of my leattherman. Die sakke voor en agter is altyd welkom veral omdat ek los is met 'n beursie/foon/sleutel. Ek het hom ook getoets en haak nie so kwaai vas in die wader nie. Ek gaan hengel nooit met 'n langbroek nie. Ek sal wel 'n lang reenjas broek en baadjie dra.

Vir die ouens wat die naweek gaan hengel, ons het kwaai reen weer gehad in sulke kort buie en dis baie koud in die aand. Die wing het kwaai gewaai ook die afgelope paar dae.:raine
 

Attachments

  • S5002266.JPG
    S5002266.JPG
    39 KB · Views: 98
Top