Henties 2015

BOK

Senior Member
Jr71 wrote:
Bok wat is die size hoek wat jy met die krap gebruik
Mooi bait presentation
;)

8/0 hoeke ek het laas jaar die fout gemaak om 'n klein hoek te gebruik toe tel 'n monster steenbra my op en al wat ek toe terug kry is die hoek se ogie en shank
 

BOK

Senior Member
Dag 4:

Vandag moes ons in die suide hengel want ons moes later vanmiddag ons 4de partner op die lughawe in Walvisbaai optel. Sommer hier naby aan die huis was daar 'n mooi stukkie kleur in die water by Jakkalsputz ons het 'n gooi gemaak en vinnig vinnig was ons vas met twee babers! Ons was sommer opgewonde want vir 'n slag was daar lewe! Ons skuif toe so bietjie suid en vinnig vinnig was daar sommer twee kabeljoutjies op die wal en toe begin word die water skoner en julle het reg geraai die vis verdwyn. So het ons elke klip en rif probeer vir galjoen tot kort duskant Swakopmund sonder enige sukses. Daarna het ons tyd gehad om te spaar en ons besluit om te gaan kyk hoe lyk dit by paaltjies suid van Walvis. Daar gekom is ek skoon op my senuwees so sag is die sand en soos Mike se net 'n colt moet daar ry, maar die Hilux het hom mooi gedra.
Die water daar was silwer silwer skoon en pot blou toe besluit ons maar om 'n lyn in die water te gooi en die vuurtjie aan te steek om die tyd om te kry.

Daar het vanaand maar weer baie min visse by skubbebar gele ek weet net van een bakkie wat 14 kabeljoue afgelaai het. So dit lyk darem of daar iets aan die gebeur is.
 

Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    31.7 KB · Views: 597

BOK

Senior Member
Ons het gister sommer met oom Anton Joubert ( 'n hengel gids hier in Henties ) gesels hy reken dit is die swakste wat hy die vis in sy 25 jaar hier gesien het.
 

Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    38.5 KB · Views: 595

BOK

Senior Member
Dag 5:

Vandag het ons maar weer hard gewerk. Ons het vanoggend tot teen die draad gery en terug gewerk huistoe. By Winston het ons 'n 3kg kabeljou gevang en toe maar weer besluit om te braai. Ons het later net noord van myl 108 'n klein kabeljoutjie gevang. Verder net babers.

More is dit die kerk se paas hengel kompetisie so ons gaan net vir steenbra probeer dit is al wat groot is en sal byt in die skoon water hopelik wen ons $5000 diesel geld.
 

Jr71

Senior Member
Sole maar vir die werkende waters
Daar waar daar baie skuim is op die sand banke
Daar Sal julle sukses behaal
 

Attachments

  • DSC_0420.jpg
    DSC_0420.jpg
    44.5 KB · Views: 543

Jr71

Senior Member
Soekrle maar vir die werkende waters
Daar waar daar baie skuim is op die sand banke
Daar Sal julle sukses behaal
 

Attachments

  • DSC_0420.jpg
    DSC_0420.jpg
    44.5 KB · Views: 541

Jr71

Senior Member
Soekrle maar vir die werkende waters
Daar waar daar baie skuim is op die sand banke
Daar Sal julle sukses behaal
 

Attachments

  • DSC_0420.jpg
    DSC_0420.jpg
    44.5 KB · Views: 544

BOK

Senior Member
Gisteraand was daar iewers fout ek kon nie fotos laai nie jammer vir die klomp 'double posts'. Hier is gister se fotos.
 

Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    30.6 KB · Views: 632

BOK

Senior Member
Jr71 wrote:
Sole maar vir die werkende waters
Daar waar daar baie skuim is op die sand banke
Daar Sal julle sukses behaal


Ons kry hulle gewoonlik ook so maar vanjaar is die visse rerig min ek het gister by angola klip gesien hoe vang 'n ou 'n Steenbra in stink swael water. En ek het gedink hulle sal nie daarin byt nie! So gaan hulle vandag sien. Die enigste twee mooi kabeljoue het ons bo op 'n sandbank gevang op 'n asie wat bedoel was vir steenbra.
 

BOK

Senior Member
Jr71 wrote:
Sole maar vir die werkende waters
Daar waar daar baie skuim is op die sand banke
Daar Sal julle sukses behaal


Jr71 het jy die visse saam met Jan Brink gevang? Dit lyk soos sy bakkie en waentjie in die wash bay?
 
Top