Onthou, Shads het nie pote nie
lol... O ek sien, dis die pote wat die ding doen. Vinne, voete, pote, wat's die verskil ?
Oom Kaspaas, ek het lankal geleer jy moet vir al die ander ouens ook dink aangesien die meeste nie weet wat hulle en wat hulle nie. Ek drink bv net coke, dan wil die ouens groen en rooi jannie verjaar koeldrank saam piekel.
Die reel se twee liter coke per dag per persoon plus wat jy in die aand drink. Jy brand as jy die reel oortree an niemand drink jannie verjaar koeldrank nie. Die ouens wat se hulle drink water (hulle wou spaar) lieg en die wat nie vis of rou vis eet nie lieg ook. Ja, deur hulle tande.
As die ouens honger is eet hulle enige iets, sal tot die gebrande pap pot skoon uitlek, jy kan hom net so op die rak bere maar nie een sal sy jannie verjaar koeldrank en brandy drink nie. Nee, hulle steel jou coke.
Hoe het die wyn gehou ? Ek sien net halwe glase maar geen bottel het verskyn nie behalwe een van 'n vraat wat so uit die bottel gedrink het. Kon seker nie langer uithou nie :-D My ma se mos sy raak so lus vir wyn sy kan huil nou moet jy weet as jy dors EN emosioneel is daaroor... hoe gaan dit gaan as die bottel leeg word.
Ek moet se Oom Kaspaas, jy lyk nogal soos 'n veteraan met daai spot lights op :-D
Hoe het die liggies uitgehou ? Ek weet nie eers of iemand hulle gebruik het nie ?